Covid-19-statistieke: Positiwiteitskoers steeds aan’t afneem

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Nog 2 281 pasiënte in Suid-Afrika het in die laaste siklus van 24 uur positief getoets vir Covid-19. Dit is weer heelwat minder nuwe infeksies as ʼn dag tevore (3 286) en ook laer as die gemiddelde getal nuwe gevalle oor die voorafgaande sewe dae (3 491).

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê die jongste toename in Covid-19-infeksies verteenwoordig ’n positiwiteitskoers van 7,4%. Dié koers het gedurende die piek van die derde virusgolf in Julie bo 30% gaan draai.

Nios sê nog 58 Covid-19-verwante sterftes is intussen aangemeld, terwyl nog 79 pasiënte weens die virus in die hospitaal opgeneem is.

Die land se dodetal staan nou op 86 174, terwyl 2 732 363 mense in Suid-Afrika reeds van Covid-19 herstel het.

Minstens 2 882 630 mense in Suid-Afrika het reeds positief getoets vir Covid-19, van wie 8 742 in die stadium in ’n hospitaal behandel word.

Die meeste nuwe gevalle is in KwaZulu-Natal (23%) en die Wes-Kaap (17%) aangemeld. Die provinsies word gevolg deur die Noord-Kaap en die Oos-Kaap (14% elk), Gauteng (10%), die Vrystaat (9%), Mpumalanga (6%), Noordwes (5%) en Limpopo (1%).

Daar is tans 64 093 aktiewe Covid-19-gevalle reg oor die land.

ProvinsieNuwe gevalle op 19 September 2021Totale gevalle tot en met 19 September 2021
Oos-Kaap321287 827
Vrystaat212159 011
Gauteng235914 083
KwaZulu-Natal518506 919
Limpopo24121 566
Mpumalanga148149 905
Noordwes124148 488
Noord-Kaap30988 631
Wes-Kaap390506 200
Totaal2 2812 882 630

Altesame 17 598 inentings is sedert die vorige verslag gedoen. Byna 16 miljoen mense in Suid-Afrika is tot dusver teen Covid-19 ingeënt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.