Covid-19-statistieke: Positiwiteitskoers styg al weer

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Altesame 2 032 nuwe gevalle van die koronavirus is in Suid-Afrika geïdentifiseer. Dié gevalle verteenwoordig ’n positiwiteitskoers van 8,6%. Dié koers het met meer as 2% gestyg sedert die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) se vorige verslag (6,2%).

Volgens Nios is 3 727 208 bevestigde Covid-19-gevalle nou reeds sedert die uitbreking van Covid-19 twee jaar gelede in Suid-Afrika aangemeld.

Die sterftesyfer weens Covid-19 het intussen op 100 070 te staan gekom nadat nog drie sterftes aangemeld is, waarvan slegs een in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Die departement van gesondheid het gesê weens ’n voortgesette oudit kan daar ’n agterstand wees in die aantal sterftes wat aangemeld is.

Nog 40 Covid-19-pasiënte is sedert die vorige verslag in ’n hospitaal opgeneem. Altesame 2 183 pasiënte word tans vir Covid-19 in die hospitaal behandel.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (40%) aangemeld, gevolg deur KwaZulu-Natal (24%) en die Wes-Kaap (22%).

Daar is tans 12 629 aktiewe gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika en tot dusver het meer as 3,6 miljoen mense van die virus herstel.

Meer as 33,9 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

ProvinsieNuwe gevalle op 6 April 2022Totale gevalle tot 6 April 2022
Oos-Kaap111345 558
Vrystaat41202 600
Gauteng8081 212 594
KwaZulu-Natal484662 274
Limpopo29155 933
Mpumalanga44193 479
Noordwes45193 212
Noord-Kaap22108 991
Wes-Kaap448652 567
Totaal2 0323 727 208

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

27 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jacob

Die Omicron XE variant is volgens sekere bronne meer aansteeklik as BA.1 en BA.2, maar as ons kyk na die week tot week sterftes met en van Covid 19, is dit vanoggend 59% laer as die vorige week. Rede tot kommer? Ek dink net by die magsbeheptes en geldjaers wat magteloos sit en toekyk hoe Omicron wat soveel natuurlike, sterk, veilige en doeltreffende immuniteit meebring, hulle kleitroontjies onder hulle laat verkrummel.

Laat die wat wil inent dit doen. Wat die nut en voordele of die teenkant daarvan is sal ons sekerlik baie binnekort, baie meer en gereeld begin sien.

Voilet

Klomp leuens net so na R die toestand afgebring het. Hul wil weer beheer vat en almal benadeel met lockdown. Alles weer beplan.

LD

Daar was al van die begin af gesê hulle blaas die getalle op om strenger maatreëls op ons af te dwing! Nou dat die ramp toestand opgehef is sal hulle enige iets doen om ons weer onder hulle duime te kry en dis hoekom die getalle weer styg. Kopdoek het nie verniet gesê dat hulle enige tyd weer ‘n ramp toestand kan aankondig nie!

Casper

Ek glo lankal nie meer die statistieke nie.Hulle wil ook nie sê watter variante veroorsaak die meeste sterftes nie en dan is hulle statistieke rakende sterftes nie bygewerk nie.Vandag is daar een sterfte môre is daar 40.Of hulle kan nie tel nie of hulle lieg vir ons.

Andre

Dis soos CNN.