Covid-19-statistieke: Positiwiteitskoers op 6%

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Suid-Afrika het teen Dinsdagaand altesaam 3 715 390 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 1 557 nuwe gevalle is aangemeld. Die jongste positiwiteitskoers is 6%.

Nog ses sterftes is aangeteken, waarvan drie die afgelope 24 tot 48 uur bevestig is. Dit bring die algehele sterftesyfer op 99 976 te staan.

ʼn Totaal van 25 936 nuwe toetse vir Covid-19 is gedoen, waaronder 14 378 (55,4%) in die private sektor en 11 558 (44,6%) in die openbare sektor.

Die meeste nuwe gevalle is steeds in Gauteng (38%), gevolg deur die Wes-Kaap (23%), KwaZulu-Natal (22%), Oos-Kaap (7%), Noordwes (4%), Mpumalanga (3%), Vrystaat (2%) en die Noord-Kaap en Limpopo (1% elk).

Nuwe gevalle per provinsie:

Gauteng: 595
Wes-Kaap: 351
KwaZulu-Natal: 335
Oos-Kaap: 108
Noordwes: 61
Mpumalanga: 39
Vrystaat: 32
Limpopo: 21
Noord-Kaap: 15

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

VaalDonkie ·

Ne? Stem 100% saam. Dit wys ook maar net hoeveel van die mense wat getoets het positief was. En mens het gewoonlik ‘n rede waarom jy stokkie in die neus moet kry.

Cobus ·

Die hele bedrogspul is ‘n nuttelose statistiek, die ware verhaal speel hom tans in armoede af, en die vrugte van keuses sal oor die volgende paar jaar mooi ryp word.

Groen Ghoen ·

Die voorgestelde Covid regulasies soos in die Staatskoerant vir kommentaar gepubliseer is suiwer tirannie. Staan saam en ondersteun vir Afriforum sodat dit DRINGEND en PERMANENT gestop kan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.