Covid-19-statistieke: Positiwiteitskoers styg steeds

(Argieffoto: Ronny Hartmann/AFP)

Altesame 789 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is ’n totaal van 2 928 288 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 2,8%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (65%) aangemeld, gevolg deur die Noord-Kaap (7%) en die Wes-Kaap en Noordwes (6% elk). Die totale aktiewe gevalle is 17 995.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 89 562 nadat nog sewe sterftes aangemeld is. Tot dusver het 2 820 731 mense reeds van die virus herstel, ’n herstelkoers van 96,3%.

Suid-Afrika het tot dusver 19 061 166 toetse vir Covid-19 gedoen, 28 504 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 38 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 2 895 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 24,5 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap19158
Vrystaat223 030
Gauteng5091 786
KwaZulu-Natal433 147
Limpopo171 122
Mpumalanga28229
Noordwes46718
Noord-Kaap591 564
Wes-Kaap466 241
Totaal78917 995

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap15 188277 317
Vrystaat7 070153 879
Gauteng19 647900 816
KwaZulu-Natal14 781498 469
Limpopo4 092117 208
Mpumalanga2 011150 103
Noordwes4 222146 040
Noord-Kaap2 36888 943
Wes-Kaap20 183487 956
Totaal89 5622 820 731

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Nicolaas Hendrik ·

Wie dink hulle flous hulle Desember om die draai

Amanda ·

Nee wat, ek glo glad nie meer hierdie statistieke wat aan ons voorgehou word nie. Statisties behoort ons eers “hotspots” in sekere provinsies te he voor dit verder versprei, maar volgens die statistieke wat in die artikel aangehaal word het die gevalle in alle provinsies verhoog. Dit is absoluut onverklaarbaar, vir wie probeer hulle n rat voor die oë draai. Of is dit nou weer n handige instrument om die toerismebedryf in Desembermaand weer heeltemal tot stilstand te ruk?

Pieter ·

En so hou die anc sirkus maar net aan sien elke dag die taxis is vol maar geen maskers nie.

Yolandie ·

Presies wat my so die hel in maak!! Busse is stampvol en die mense wat so op mekaar se koppe sit in daai busse, werk in al die winkels waar mens kos koop of in mense se huise. As taxis nie moet social distance nie, sal ek ook nie!

Rudi ·

Ek het gewag vir dit. Dit gaan nou elke dag stelselmatig opgaan tot Desember en dan kom daar weer strenger regulasies.

Yolandie ·

Ek wil weet hoe enige iemand die 48milljoen mense wat nie gestem het nie, gaan maak luister?

Anel ·

Ja, nee kyk, hier gaan ons. Desember is mos om die draai, so hulle moet die getalle laat klim om ‘n rede te hê vir algehele inperking! Dink hulle ons is skape? Daar word nog steeds meer mense vermoor as wst doodgaan aan die virus. So ek kry nie die kloutjie by die oor nie. Al wat ek weet, is dat hierdie die grootste klug en mense heugnis is. En mense val daarvoor. Veral nou dat hulle bevind het dat verskeie mense met soutoplossing gespuit is. Hoeveel ander is daar nie? Geen regdenkende sal mos nou gaan vir so ‘n spuit nie. En nou moet mense omgekoop word. Dit is mos bewys dat daar fout is met die goed.

MakersMark ·

Behoort nie ‘n probleem te wees as mens nie verder as jou tuinhekkie gaan nie….

MakersMark ·

Sommiges sal nooit die kloutjie by die oortjie kry nie.

Esme ·

Rerig??? So wanneer en vir hoe lank wil julle ons nou wou isoleer?

casper ·

1 desember tot 15 Januarie — Sal almal wil spite oor kersfees !!

MakersMark ·

Tot 85% van die populasie ingeënt is. So die wat nie wil inent nie hou op kerm oor nuwe vlae en inperkings. Onthou “cause and effect”?

Papsak ·

Ja nee kyk hulle speel en regeleer ons weer voor desember maar al so gesit en kyk our people stam in besighede in sonder om hande te spuit word niks gedoen word gelos maar laat jy as wit daar in stap en jy spuit nie jou hande nie kan hulle vinnig jou laat weet spuit asb en nog n ding taxis is oorvol masr niemand maskers op nie maar jy moet jou vrot masker op he nou hoe dit is bitter onregverdig

MakersMark ·

Ha ha vir die peasants wat glo dis nie voorspelbaar is nie – dit is. Daar word toetse elke dag gedoen op 70 munisipale distrikte landwyd se afval water. CV19 RNA word opgetel, en is ‘n uitstekende aanduiding van toenemende infeksies. So kry maar die surfboards reg golf 4 is op pad. Weereens is dit die groot hoeveelheid oningeentes asook die roekelose optrede van mense wat die toename sal veroorsaak. So as jy nie ingeent is nie moet nie kla oor komende lockdowns nie.

Martie Smartie ·

Kan jy vir ons verduidelik. As jy wel ingeent is, is dit onmoontlik om die virus te versprei as jy dit self het? Ek is seker onder ‘n wanindruk. Ek dog inenting het niks met die verspreiding te doen nie? Munisipale water is in elke geval so vrot, jy sal goed daarin kry wat die Chinese nog moet uitdink.

MakersMark ·

Inentings stop nie verspreiding totaal nie maar verminder dit, asook ernstige siekte en hospitalisasie. As jy bietjie wyer lees sal jy agterkom dat in sekere europese lande word inperkings nou net op oningeentes van toepassing. Rede is hulle is die risiko vir die ineenstorting van die gesondheidstelsel agv die groot persentasie hospitalisasie onder oningeentes.

Liesje ·

Ongeëntis?.. asof hulle nie die virus kan versprei nie. Word wakker en lees die mediese verslae wat al bekend is op navorsing wat al gedoen is. Moet tog nie vertrou op massa media se propaganda nie.

MakersMark ·

Oningeentes is die grootste oorsaak van wereldwye inperkings. Gelukkig word hul tydjie kort.

MakersMark ·

Word wakker binnekort is inperkings net vir unvaxed, soos in Europa.

NEO ·

Hoekom laat mense hulle toets. Gaan isoleer jouself as jy verkouerig voel en drink vitamienes en baie vloeistof. En laat die liggaam se immunien stelsel dit teenwerk. As niemand toets nie bly getalle laag en die ANC regering geen grond on ‘n strenger lockdown in te stel nie.

Liesje ·

Ja ek weet van verskeie persone wat siek was en net hulleself geisoleer het, die nodige medikasie en aanvullings gebruik het wat gesond geword het. Die natuurlike immuniteit is BAIE beter as die sg entstof.

Andre ·

Ek wonder waarom word so baie mense getoets, vir statistieke seker.

MakersMark ·

Ja mense loop verby ‘n toets stasie en toets vir die pret. Glad nie omdat hul dink hul het simptome nie.

Andre ·

Ek word nou so bang dat ek sommer wild raak en oorskakel na CNN toe.

Casper ·

Is dit die begin van die vyfde golf so kort voor Kersfees en net na die verkiesings agter die rug is.Nou verstaan ek hoekom verleng kopdoek die noodtoestand.

MakersMark ·

Oningeentes veroorsaak wereldwyd nuwe vlae. Gelukkig in Europa gaan inperkings net vir hulle geld. Die wat ingeent is kan vrylik rond beweeg. Binnekort is dit selfde hier. Oningeentes se wereldtjies word moeiliker en moeiliker.

christo ·

Ek is ‘n onderwyser by ‘n voormalige model C skool wat nou net ‘n township skool is. Die afdwinging van Covid-19 regulasies is onmoontlik. Die feit dat dit daar nie ruimte is om leerders nie eers 50 cm van mekaar te distansieer nie, maak die implementering van die regulasies ‘n klug. Die Covid-19 virus gaan net weer versprei. Die wettelose burgers in SA vee hulle allies af aan enige regulasie of wet. Wag totdat ‘n mutasie van die virus jongmense laat sterf, dan wil ek die monde hoor van die klomp klakouse. Verloor iemand naby jou aan Covid-19 dan praat ons weer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.