Covid-19-statistieke: Positiwiteitskoers styg verder

Argieffoto bloot ter illustrasie (Foto: Verskaf)

Suid-Afrika het teen Vrydagaand altesaam 2 955 328 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 2 828 nuwe gevalle is aangemeld. Die styging verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van 9,1%.

Daar is tans 19 938 aktiewe gevalle landwyd en 2 845 607 mense het reeds herstel. Nog twee sterftes is ook bevestig, wat die algehele syfer op 89 783 te staan bring.

ʼn Totaal van 30 904 nuwe toetse vir Covid-19 is gedoen, waaronder 15 763 (51%) in die private sektor en 15 141 (49%) in die openbare sektor.

Verreweg die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (77%), gevolg deur die Wes-Kaap, Noordwes en KwaZulu-Natal (5% elk), Limpopo en Mpumalanga (3% elk), Vrystaat (2%) en die Oos-Kaap en Noord-Kaap (1% elk).

Nuwe gevalle per provinsie:

  • Gauteng: 2 173
  • Wes-Kaap: 139
  • Noordwes: 116
  • KwaZulu-Natal: 108
  • Mpumalanga: 95
  • Limpopo: 88
  • Vrystaat: 51
  • Noord-Kaap: 33
  • Oos-Kaap: 25

Die departement het aangedui dat altesaam 25 238 789 inentings teen Donderdagaand gedoen is.

(Department of Health, Twitter)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Erik ·

Ek kan verstaan dat ‘n toename tot hospitale beperk moet word. Ek dink wel dis ‘n verlore stryd. Die vaksine is vryelik beskikbaar. Of mense dit wil neem of nie is ‘n keuse. Net soos wat jy kies om oor ‘n rooi verkeerslig te ry, ‘n keuse is met moontlike gevolge.

Wat ek probeer sê is dat dit eintlik nou maar elke man vir homself is, aangesien die opsies beskikbaar is. Ek voel jammer vir gesondheidspersoneel, maar voel wel dat die regering die ramptoestand moet laat lig en dat elke persoon self verantwoordelikheid moet vat vir keuses. Die regering speel hierdie speletjie met miskien goeie intensies (debatteerbaar), maar hul moet dalk ‘n slag om hul kyk en sal sien dat mense lankal nie meer hul steur aan al die reëls nie. Hul mors hul tyd.

VaalDonkie ·

‘n ander ding wat ek oor wonder is natuurlike immuniteit. Kyk, die mense in die plakkerskampe woon baie beknop. Maar hulle sterf nie op ‘n streep nie. En COVID versprei deur hoes, nies, EN riool (en hulle deel toilette). Dus sou ek dink dis geregverdig om te dink ons mede-burgers wat in daardie omstandighede woon, het al “kudde-immuniteit” bereik wat net so baie tel soos ‘n inenting (of selfs meer).

Jy kan hulle nie amptelik by die inge-entes tel nie, MAAR hulle mag dalk almal ‘n “natuurlike inenting” gehad het. Ek sou dink die slimmes sou dit ondersoek.

Jaco ·

Mark my words: op Sondagaand die 12de Des gaan ramaphosa ‘n family meeting met SA hê, gebaseer op ‘n nuwe totaal uitgedinkte verwoestende 4de golf Corona. Vlak 4 van inperking gaan volg met ALLE strande gesluit. WEG is wit mense se tradisionele “vakansie by die see” en WEG is wit toeristebesighede se beste inkomste van die jaar. En dan word die Wes-Kaap sommer ook gestraf omdat meeste kiesers daar DA stem.
Net 10% van die ANC se anti-corona maatreëls is regtig teen Corona. Die ander 90% is gemik teen wit mense. Bewys vir my stelling: ramaphosa het reeds meer as eenkeer gesê dat inperking wys hoe ongelyk SA is en dat radikale ekonomiese transformasie moet ingestel word.

Erik ·

As jy dink dis net wit mense wat tradisioneel vakansie hou Desember was jy lanklaas op die strande in KZN en die Oos-Kaap gedurende die feesstyd.

Ek is wel teen die sluit van strande.

VaalDonkie ·

Presies, Erik. Ek was vir meer as ‘n dekade nie in Plett nie, en toe ek wee soontoe was, het dit gelyk soos Bellville se middestad soos daar immigrante hul stalletjies opgeslaan het.

KB ·

Geen politikus behoort die reg te hê om ware feite te verdoesel vir sy eie politieke agenda nie.
Die publiek kom wêreldwyd in opstand teen politici soos hierdie…gaan kyk maar self. Die publiek is verarm en siek en sat vir idiotiese uitsprake van die emosionele media VIR hierdie politici.
MM kan gerus ‘n onafhanklike “referendum” hou, en dit self toets.

JJB ·

Dit is hoe ‘n wêreld lyk wat deur mense agter mikroskope beheer word. Jy kan nie alle risikos in die lewe met regulasies uitrangeer nie, dit is die léwe! Vertrou God en leef voluit en sonder vrees tot Sy eer.

Frikkels ·

Dit word al hoe duideliker dat ons hier nie meer met staatskaping te doen het nie. Hierdie is lands kaping of sosialisme, noem dit wat jy wil, maar die regering is daarop uit om maniere te vind om die soustrein ten alle koste te laat voortstoom!

Erik ·

Hierdie land? Hoe lyk dit vir jou gaan dit in Australië, NZ, Nederland en en? Ek is wel ook teen die inperking, maar dis nie uniek aan Suid-Afrika nie.

Johan ·

Kan iemand vir my asseblief se van die mense wat toetsing doen. Van al die positiewe gevalle hoeveel is die nuwe variant wat hulle nou ewe skielik in SA ontdek het???

Owlie ·

Waar kry Gsuteng skielik hierdie hoë syfer – hoe kom dit in Gauteng in…………

Jaco ·

Dis om die 4de golf eg te laat lyk. As die Wes-Kaap weer die hoogste syfers gehad het, sou die beskuldigings dat die 4de golf uitgedink is net om die DA-beheerde Wes-Kaap te straf, net te maklik geglo gewees het.

Papsak ·

Ek wil net weet wanneer kom die vyfde golf hulle wil mos speel ek mag vra

Anel ·

Almal word gedwing om naskers te dra en hande te was, nou vra ek, wst is die doel as dit duidelik nie werk nie. Net soos die sdpuit. Party lande trek al by ‘n 4de booster. Egipte laat jou nie toe as jy van hier af kom nie al is jy gespuig. Moet deur hulle gespuit word, ten duurste. Nou wat is die doel van die spuit? Duidelik is dit net ‘n geldmaak storie, die media bnlaas die paranoia aan, en die regerings skep en kry lekker. Hulle voel ‘n veer vir hul burgers. Daar gaan alreeds meer mense dood wat vermoor word, maar nou gaan meer mense dood gaan agv hongersnood.

Pietertjie ·

En alles verloop volgens plan. Desember gaan die ekonomie weer verder opgeoffer word.

KB ·

Vraag:
Is daar (verhoudings-gewys) net soveel toetse per capita in die ander provinsies ook gedoen (as in Gauteng)?
Ek glo dit vir geen oomblik nie. Dus vertrou ek nie hierdie “skielike styging” in Gauteng nie. Onthou maar dat die ANC-regering tans ver agter is met “sy belofte” aan die WGO/EU om teen einde Desember 2021 die mikpunt van 70% vd bevolking ingeënt te hê, anders moet die ANC-regering begin terug betaal aan hul lening/s van hierdie instansies. Hierdie is myns insiens ‘n “gogga-maak-vir-baba-bang”-aksie van die ANC-regering wie se hande effe afgekap is, deur die publiek wat die entstof weier. Niemand kan die individu “verplig” tot so ʼn wandaad nie, die Grondwet beskerm jou volgens die Arbeidswet en Mensereg.

Jacobus ·

KB Ty is baie na aan totaal korrek. Benewens dit is om alle Suid Afrikaners teen mekaar te draai – histerie teen anti-vaksers het byna breekpunt bereik. Veral as sommige propeganda huursoldaat joernaliste op die wa begin klim. Jô, daar moet baie geld in die ding wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.