Covid-19-statistieke: Positiwiteitskoers styg weer

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê 687 nuwe gevalle van die koronavirus is aangemeld wat nou ʼn positiwiteitskoers van 3,4% verteenwoordig.

Die positiwiteitskoers het die vorige twee dae op 2,8% stilgestaan.

Nog twee sterftes is intussen aangemeld.

Die land se dodetal staan nou op 89 574 met minstens 2 929 862 mense in Suid-Afrika wat reeds die virus opgedoen het.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (79%) aangemeld, gevolg deur Noordwes en KwaZulu-Natal met 5% elk. Dié provinsies word gevolg deur die Wes-Kaap en Mpumalanga met 3% elk. Die Noord-Kaap het op sy beurt 2% van nuwe gevalle aangemeld, terwyl die Oos-Kaap, die Vrystaat en Limpopo elkeen 1% van die nuwe gevalle aangemeld het.

Daar is tans meer as 19 000 aktiewe gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika en tot dusver het 2 821 141 mense van die virus herstel.

Nog 13 Covid-19-pasiënte is intussen in ʼn hospitaal in Suid-Afrika opgeneem. Dit beteken 2 705 mense word tans vir Covid-19 in hospitale landwyd behandel.

Meer as 24,6 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

ProvinsieNuwe gevalle op 21 November 2021Algehele gevalle tot 21 November 2021
Oos-Kaap8292 686
Vrystaat6163 994
Gauteng545923 379
KwaZulu-Natal31516 470
Limpopo7122 450
Mpumalanga18152 395
Noordwes32151 038
Noord-Kaap1792 997
Wes-Kaap23514 453
Totaal6872 929 862

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Henri ·

Soos ek vroeër kommentaar gelewer het, is ek siek en sat hiervan.

Ek wil graag ‘n berig sien waar die oormatige sterftesyfer ook weergegee word. Bedoelende, hoeveel mense het gemiddelde oor die afgelope 10 jaar jaarliks gesterf, en toon dan die styging en/of daling in die gemiddeldes aan per jaar, met klem op die laaste 2 jaar.

Een ding wat ons as mense moet verstaan, is dat ons lewens verganklik is. Sterf gaan ons sterf, maar hoe lééf ons met ons Godgegewe tyd?

Anoniem ·

Sulke statistieke is beskikbaar sonder om hard te soek, en wys duidelik die impak van covid.

Andre ·

Le Coc, en jy glo die mediaberigte. Seker soos waar daar blykbaar beweer word 40 % van SA is reeds volledig gespuit.

Pieter ·

Danksy antivaxers sal ons heet waarskynlik terug na vlak 4 gaan met strande wat gesluit gaan word. Dankie julle. Spaar darem geld die Desember.

Karel Kobus Kruger ·

The obedient always think of themselves as virtuous rather than cowardly. (Toevallig iewers raak gelees.)

Willem ·

Volgende week sal daar 2000 nuwe gevalle wees..en sal dit aanhou groei sodat die “4de golf” net betyds is vir Desember en die korrupte ANC weer als kan sluit”lees strande..en vlak 3 inperking”

Stefaan ·

Natuurlik. Dit is somer en die virus is nie aktief nie en met die masker en ” social distance” behoort dit toe te neem.

Pieter ·

Die anc sirkus gaan nie stop hulle kyk wat maak hulle chinese broers dan doen hulle dit ook. Ek wonder of die wat die gevalle op tel wiskunde gehad het

MakersMark ·

Baie wat ingeënt is word ook siek. Bitter min gaan hospitaal toe. Antivaxers dryf die inperkings want hulle eindig op in ICU en oorlaai mediese fasiliteite wêreldwyd, terwyl daar voorkomende stappe beskikbaar is maar ongelukkig is daar nog
balhoriges. Daarom gaan inperkings nou in Europa op antivaxers van toepassing wees.

Hester ·

Het jy enige bewyse /statistieke om hierdie stelling te staaf????

Anoniem ·

Verkeerd, beide kan die virus versprei, dis hoekom vaxers nog steeds moet maskers dra en al die ander protokolle volg nes anti-vaxers. Vaxers het volgens medici net ‘n beter kans om nie ernstig siek te word nie, dis al voordeel.

MakersMark ·

Gaan nie oor vaxxers of nie vaxxers en wie steek wie aan nie. Die rede vir inperkings is agv die toestroming van mediese fasiliteite soos wat infeksie tempo toeneem. 99% van die wat nou in ICU beland is nie ingeent nie.

Andre ·

En hier begin die bogstories alweer waarmee almal bang gemaak word. Eienaardig dat hulle dit self moontlik glo.

Jacob ·

Wat vrae laat ontstaan is die feit dat daar nog die nodigheid gesien word vir ‘n aandklok reel. In Brittanje het die gevalle van Covid 19 die hoogte ingeskiet en tog word hulle toegelaat om na Suid Afrika te reis gedurende die feestydperk. Dus maak ek die afleiding dat ‘n “besmette” Brit wat die land besoek aanvaarbaar is en geen gevaar inhou dat hulle moontlik die infeksiekoers in Suid Afrika kan opjaag nie, maar om buite jou woning te wees tussen 24:00 en 04:00, is so gevaarlik dat mense opgesluit moet word indien hulle die reel oortree.

Kan iemand asb verduidelik?

Alex ·

Ag kom aan! Wie glo nog hierdie twak. Net voir Gautengers vakansie moet gaan hou en ramp toestand tot 15 Des verleng is.

Anoniem ·

Thom meeste mense hier lees net goed wat hulle eie opinie ondersteun

Irene ·

Hiers iets aan die broei………..en die ingeënte mense wat hulle monde vol het oor oningeënte mense……elke mense het die reg om te besluit wat vir hom goed is en wat nie………as jy nie in jou hart voel dis die regte ding om te doen, dan doen jy dit nie. Daar is nou ingeënte mense wat twyfel in hulle hart het of hulle die regte besluit geneem het……so asb hou op kritiseer……..dis so onnodig en ongevraagd.

Genis ·

Die hele Israel is in ge ent… het dit Covid gestop? Het dit? Of is dit fake nuus dat hulle met Covid sukkel?

Oomniklaassevriend ·

En Gibraltar en Ysland en Singapoer. Maar die gemiddelde inentingskoers in Afrika is maar 6% met weinig meer as 150000 sterftes uit meer as ‘n biljoen mense.

Genis ·

London ook, baie ge-wax, nou sprei dit, nou word dit op die nie dra van maskers geblameer? nou hoe so? Maak mos nie sin nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.