Covid-19-statistieke: Positiwiteitskoers styg weer effe

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê 2 111 nuwe gevalle van die koronavirus is aangemeld, wat ’n positiwiteitskoers van 8,4% verteenwoordig.

Dié koers is effens hoër vergeleke met die vorige verslag. Die sewedaggemiddeld staan tans op 7,8%, net-net hoër as die gemiddelde 7,7% van die vorige dag.

Nog 127 sterftes is intussen aangemeld, waarvan drie in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Die departement van gesondheid het gesê weens ʼn voortgesette oudit kan daar ʼn agterstand wees in die aantal sterftes wat aangemeld is.

Die land se dodetal staan nou op 99 145, met minstens 3 669 671 mense in Suid-Afrika wat in dié stadium reeds Covid-19 opgedoen het.

Wat hospitalisasies betref, is nog 73 Covid-19-pasiënte sedert die vorige verslag in ’n hospitaal in Suid-Afrika opgeneem. Altesame 3 028 pasiënte word tans vir Covid-19 in die hospitaal behandel.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (37%) en die Wes-Kaap (24%) aangemeld, gevolg deur KwaZulu-Natal (17%).

Daar is tans 34 023 aktiewe gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika en tot dusver het 3 536 503 mense van die virus herstel.

Meer as 31,4 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

ProvinsieNuwe gevalle op 25 Februarie 2022Totale gevalle tot en met 25 Februarie 2022
Oos-Kaap69343 269
Vrystaat109200 441
Gauteng7781 191 198
KwaZulu-Natal349651 338
Limpopo48154 479
Mpumalanga126190 955
Noordwes82190 668
Noord-Kaap40108 233
Wes-Kaap510639 090
Totaal2 1113 669 671

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.