Covid-19-statistieke: Positiwiteitskoers styg weer

(Argieffoto: Unsplash)

Nog 13 921 nuwe gevalle van Covid-19 is in Suid-Afrika bevestig, wat die algehele syfer op 2 582 427 te staan bring. Die styging verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van 23%.

Daar is tans 150 542 aktiewe gevalle van die virus en 2 355 254 mense het reeds van die siekte herstel, sê die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios).

Nog 384 sterftes is bevestig wat die sterftesyfer weens die pandemie op 76 631 te staan bring.

Altesame 60 538 toetse is sedert die vorige verslag gedoen en meer as 15,4 toetse in die geheel is reeds vir Covid-19 gedoen.

Die meeste nuwe gevalle is in die Wes-Kaap (28%), gevolg deur KwaZulu-Natal (24%), Gauteng (15%), die Oos-Kaap (8%), die Vrystaat en Mpumalanga (6% elk), Noordwes (5%), die Noord-Kaap (4%) en Limpopo (3%).

Nuwe gevalle per provinsie:

  • Oos-Kaap: 1 180
  • Vrystaat: 866
  • Gauteng: 2 027
  • KwaZulu-Natal: 3 359
  • Limpopo: 361
  • Mpumalanga: 899
  • Noordwes: 701
  • Noord-Kaap: 610
  • Wes-Kaap: 3 918
  • Totaal: 13 921

Die getal nuwe gevalle (13 921) is laer as ʼn dag tevore (14 271), maar steeds hoër as die gemiddelde getal nuwe gevalle oor die voorafgaande sewe dae (10 207). Die sewedaggemiddeld het ook toegeneem.

Nog 594 mense is in hospitale vir behandeling vir Covid-19 opgeneem en in hierdie stadium word 14 587 mense in hospitale landwyd vir die virus behandel.

Altesame 140 552 mense is Vrydag teen Covid-19 ingeënt en die algehele syfer staan nou op meer as 9,3 miljoen.

Entstowwe per provinsie:

  • Oos-Kaap: 1 199 203
  • Vrystaat: 502 158
  • Gauteng: 2 319 137
  • KwaZulu-Natal: 1 726 685
  • Limpopo: 1 022 682
  • Mpumalanga: 444 672
  • Noordwes: 487 652
  • Noord-Kaap: 180 486
  • Wes-Kaap: 1 457 080
  • Totaal: 9 339 755

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

KB ·

Wie glo nog hierdie syfers? Soms wonder ek hoeveel skade hierdie negatiewe berigte (inhoud daarvan), aan onskuldiges doen nie.
Gaan kyk gerus:
1. Die inligting is twee dae oud,
2. Die bronne is nie altyd betroubaar nie,
3. Limpopo se syfers lyk elke dag fantasties, met miljoene wat daar woon, en enige dag so min medici, hospitale, klinieke, ens. het as die OosKaap.
Kom oortuig my dat my waarneming verkeerd is.

Harry ·

Kom met jou bewyse dat hierdie syfers verkeerd is en terwyl jy daar is los Limpopo uit ons volg die reels en probeer doen wat reg is so gaan speel op die ” highway”

MakersMark ·

Wees eerder bekommerd oor die “excess deaths” van by die 200 k in vergelyking met 2019 wat oor die afgelope jaar aangeteken is as “natuurlike oorsake”. CV19 infeksies en sterftes is erger as die syfers hier weërspieël en is agv die groot landelike populasie en tekort aan mediese infrastruktuur.

Zombie ·

Dit is moelik om jou te oortuig dat jou waarneming verkeerd is of om saam met jou te stem, aangesien dit nie baie duidelik is wat jy probeer kommunikeer nie.

annie ·

Albert Bourla, die grootbaas van Pfizer, is ‘n Grieks-Joodse Amerikaner, ‘n gekwalifiseerde veearts, wat naam gemaak het met entstof teen vlooie wat ook draers van pessiektes is. Dit is waar dat die inligting oor covid eerder eerlik aangebied word as om grootse aksies van die kant van die dept van gesondheid te probeer teken. Waar begin die 24 uur se inligting? Sekerlik is dit nie moontlik of soveel syfers bymekaar te skraap binne ‘n uur of wat nie gesien in die lig van die chaos wat oraloor heers nie.

MakersMark ·

So wat het dit met die prys van eiers uit te waai of kan jou aanmerking as anti semities interpreteer word ?

Koos Kookwater ·

Hoekom altyd die totale syfers. Om ons bang te maak en die “lockdown te regverdig? Nou is dit miljoene maar nie eers 200 duisende aktiewe gevalle nie. Gebruik net die aktiewe getalle en die prentjie lyk heeltemal anders

jou gewete ·

natuurlik moet die media en regering massa histerie aanblaas vir die geldmaak plan om suksesvol te wees

Dirk Mostert ·

Die positiwiteitskoers hang af van die aantal CPR-konsentrasie-siklusse. Ipv 20 siklusse word tot 45 gebruik. Sonder die inligting is die statistiek niksseggend. Met 60,000 toetse in die periode kan ‘n styging in “gevalle” verwag word. Aktiewe gevalle behoort asimptomatiese gevalle (vals positief) uit te sluit. Ons wag steeds vir data oor geentes onder die statistieke.

Thom ·

Jou laaste sin verwys ___ na die benodigde periode , bitter min , sterftes geen .

jou gewete ·

dirk jy gaan lamk wag, daai syfer pas nie by die patroon in nie so dis nerens te kry nie

jou gewete ·

the road goes on forever and the lies never end. Wie glo nog die sogenaamde syfers. al wat dit se is dat onder 3% mense wat siek raak sterf.

Cryptogruppe ·

Hoeveel nuwe gevalle was een of twee keer inge-ent? Wat is die totale mortaliteitskoers?

Esme ·

Ons weet baie min van die siekte. Ons weet byna niks van die nagevolge van vaksinering nie. As ek na die syfers, inentings en sterftes kyk, het ons alreeds kudde immuniteit verby gesteek, maar die nuutste berigte dui daarop dat daar nooit iets soos kudde immuniteit sal bestaan nie – dit as gevolg van verskillende variante.
Wat ek wel besef is dat daar nooit weer ‘n ou normaal sal wees nie en die nuwe normaal klink vir my ietwat skrikwekkend.

Chris ·

Nou sal mense seker sê dit is omdat mense hulle laat inent wat daar so baie mense siek word of dat die inligting vals is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.