Covid-19-statistieke: Positiwiteitskoers weer op

(Argieffoto: Luca Sola/AFP)

Nog 1 275 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê in sy jongste verslag die jongste toename in gevalle verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van 3,6% nadat dié koers die vorige dag op 2,1% gestaan het.

Nog 22 pasiënte het intussen weens Covid-19 gesterf.

Die land se dodetal staan nou op 89 657 met minstens 2 950 035 mense in Suid-Afrika wat reeds die virus opgedoen het.

Maroela Media het vroeër berig die uitslae van vinnige antigeentoetse sal voortaan by die Covid-19-statistieke gevoeg word. Volgens Nios kan die toename in kumulatiewe gevalle dus toegeskryf word aan die terugwerkende toevoeging van die positiewe antigeentoetse.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (80%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (5%). Dié provinsies word gevolg deur KwaZulu-Natal en Noordwes met 3% elk. Die Oos-Kaap, Limpopo en Mpumalanga het elkeen 2% van die nuwe gevalle aangemeld, terwyl die Noord-Kaap maar 1% aangemeld het.

Daar is tans meer as 20 000 aktiewe gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika.

Nog 53 Covid-19-pasiënte is intussen in ʼn hospitaal in Suid-Afrika opgeneem. Altesame 2 106 mense word tans vir Covid-19 in hospitale landwyd behandel.

Meer as 25 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

ProvinsieNuwe gevalle op 24 November 2021Algehele gevalle tot 24 November 2021
Oos-Kaap21293 068
Vrystaat17165 366
Gauteng1 018932 735
KwaZulu-Natal44517 881
Limpopo27123 201
Mpumalanga26153 445
Noordwes43153 594
Noord-Kaap1893 201
Wes-Kaap61517 544
Totaal1 2752 950 035

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Pieter ·

Wonder wie doen die tel werk want meeste van die slim mense het nie eers graad een nie.

Frikkels ·

Ek hoop nie die edele mnr. Zuma is by die tellery betrokke nie

Alet ·

Geen verassing hier nie. Ons almal het mos geweet die virus is nie aansteeklik tydens verkiesingstye nie. So dit moet nou net lank genoeg daarna begin, sodat die verkiesing ook nie die skuld kan kry nie. En siedaar, hier klim die syfers nou reg op skedule.

Charles ·

Die 25 miljoen inenting syfer is nie 25 miljoen mense nie, gee eerder die syfer wat wys hoeveel is ten volle gespuit en wie het een spuit gehad.

piet ·

Meer as 13 miljoen (alle ouderdomme) is ten volle ingeent. Die persentasie van mense wat ten volle ingeent is bo 50 jarige ouderdom was meer as 60% gedurende Oktober.

Mariaan ·

Sal interressant wees om te weet of daar sterftes was wat wel ingeent was? En hoeveel van opnames was ingeent….indien enige…mense laat jul inent…dis al hoe ons mekaar kan beskerm

Samuel ·

Inentings is sekerlik nie die enigste oplossing nie. Dit is die gesondheidsowerhede se waarheid, maar sal ons ooit die waarheid hoor?

Mercia ·

Jy vra twee vrae waarop jy nie sommer ‘n eerlike antwoord sal kry nie. Dit is ironies dat jou inentingstatus bekend gemaak moet word as jy mediese prosedures moet ondergaan of selfs by sekere instansies werk, maar sodra daar melding gemaak word van hoeveel van die hospitaal opnames of sterftes was ingeënt, dan kom daar so vae veronderstelling dat dit slegs ongevaksineerdes moet wees.
Ek weet persoonlik van gevalle in beide kategorieë wat wel ingeënt was en ek kan jou verseker ek is nie die enigste een nie. Maar kom ons wees eerlik: waarom sal sulke statistiek ooit bekend gemaak word en vertrou kan word? Dit sal mos ‘n geweldige negatiewe effek hê op die oproep vir massa vaksinering?

VaalDonkie ·

Hulle tel antigeen-toetse by. Dit gaan vir ‘n ruk erger lyk as wat dit is. Terloops: die i feksie koers is 10 keer minder as laasjaar hierdie tyd.

Alida ·

Hospitaalopnames en sterftes is minder oor meer mense ingeënt is, maar omdat daar klomp balhoriges is wat nie wil inent nie, sal dit ook binnekort begin styg. En dis belaglik om te dink ‘iemand’ manipuleer die syfers net om inperkings te kan instel. Niemand wil inperkings of nuwe vlae hê nie, maar as die getalle styg oor mense nie hulle gesonde verstand gebruik nie, is daar nie veel ander opsies nie.

Vonkprop ·

Hoe kan Gauteng meer as ‘n duisend gevalle hé en al die ander provinsies sit met dubbel getalle? Dit maak mos nie sin nie.

Anke ·

Kry die gevoel almal wat vakansies bespreek en betaal het gaan maar Desember by die huis sit en huil.

Nicolaas Hendrik ·

Nee Covid wag vir hulle op die strand, sodat die weer toeggemaak word, so ek reken so by die 16de Des.

Riaan ·

En die Amish in Amerika het kudde immuniteit verkry en vat nie die entstowwe nie. Die vrees vir die virus word nou soos ‘n luislang wat die populasies wurg en los en dan weer wurg. Waarvoor?

SomeOne ·

krap maar kop, hoe het die regering lankal geweet daar kom ‘n vierde vlaag, sekerlik deur dit self te orkestreer

Belinda ·

ja nee, dis die eerste siekte wat actually n tydsberekening het, dit hang seker maar af of die proof of payment ontvang is of nie…

Dirk Mostert ·

Die toename in gevalle en in die positiwiteitskoers tussen die verkiesing en die somervakansie is allerwee verwag. Die regering en gesondheidsowerhede is so voorspelbaar.

Esme ·

Ek sukkel om Covid 19 syfers te interpreteer. Gauteng se syfers hardloop weg en die ander provinsies se syfers is baie laag. Watter variant is nou so aktief in Gauteng? En watter behandeling word toegepas? Sover my kennis strek moet die virus aanvanklik aggressief behandel word en hospitalisasie word dan beperk. Nee wat, dit Virus sou die 2de Desember arriveer en 75 dae met ons wees – het hy nou besluit om vroeerr te arriveer? En ek het verneem daar is ‘n redelike ernstige maag en griep virus wat ook die ronte doen – is alle gedokumenteerde gevalle Covid of is daar verwarring ten opsigte van ware Covid gevalle en ware griep gevalle.
En hoeveel van die gevalle is gevaksineer? Hoe langer die virus aangaan, hoe minder verstaan ek.

Asgat ·

Esme onthou hulle gaan nou eers n’ paar dae nodig he om die tellings te laat styg op alle vlakke en dan kondig hulle die 2de Desember as die 4de vlaag. Dit is genoeg om van naar te word….

Dirk Mostert ·

Die syfers is slegs akademies, aangesien die toets vir die nie-bewese virus vals resultate lewer.

Papsak ·

Ja nee kyk ek se geen virus kan so flippen lank aan hou nie geen griep of virus het al ooit so baie golwe gehad soos die een nie wat gaan hier aan en wat probeer hulle doen of bereik wil die land uit dun en kyk hoeveel oor twee jaar nie meer hier gaan wees nie ek glo net in my GOD

Swerwer ·

Raak mos nou weer Desember, die strand moet mos weer toegemaak word dat Cele op die strand kan stap en blankes kan laat arresteer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.