Covid-19-statistieke: Reeds meer as 11 000 sterftes

Argieffoto (Foto: (Russian Defense Ministry Press Service via AP)

Altesaam 2 810 nuwe bevestigde gevalle van die nuwe koronavirus is in die afgelope 24-uursiklus in Suid-Afrika aangemeld. Dit bring die algehele getal Covid-19-gevalle in die land op 568 919 te staan.

Só het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, Woensdagaand aangekondig toe hy die jongste Covid-19-statistieke vir die land bekendgemaak het.

Nog 259 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig, wat die landwye totaal op 11 010 te staan bring.

Altesaam 78 van die sterftes is in KwaZulu-Natal aangemeld, gevolg deur 108 in Gauteng, 74 in KwaZulu-Natal, 46 in die Oos-Kaap, en 31 in die Wes-Kaap.

Altesaam 432 029 pasiënte het in dié stadium reeds herstel, met ʼn herstelkoers van 75,9%.

Meer as 16 457 toetse uit die 3 295 434 wat reeds gedoen is, is in die afgelope 24-uursiklus gedoen. Altesaam 1 857 968 toetse is in die private sektor gedoen, wat meer as die helfte (56%) van die toetse uitmaak. Altesaam 1 437 466 toetse is in die openbare sektor gedoen.

Provinsiale statistieke:

Wes-Kaap: 100 536
Oos-Kaap: 82 779
Gauteng: 194 685
KwaZulu-Natal: 101 499
Vrystaat: 29 578
Noordwes: 22 205
Limpopo: 10 875
Mpumalanga: 19 755
Noord-Kaap: 6 957

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Scalla ·

Gereken teen die totale oorbevolking in SA is dit maar n druppel in die emmer, nie eens 1% nie.

Adam Adriaan ·

Ja ‘n bed bly darem ‘n gevaarlike ding, want statestiek toon dat 90% van alle mense gaan op ‘n bed dood

wim ·

Hou asb op om die term herstelkoers verkeerd te gebruik. Net omdat die regering dit verkeerd gebruik beteken nie almal hoef nie.

Die herstelkoers van bekende gevalle op die oomblik, as mens dit bereken op die amptelike syfers, is en was 98% sedert April.

Die 76% is die mense wat herstel het sover. Die meeste van die oorblywende 24% van gister se syfers gaan ook herstel, maar teen daardie tyd is daar weer nuwe gevalle.Wat hierdie ding wat hulle herstelkoers noem eintlik beteken, is maar net hoe oud die gevalle op die boek is. Dit wys weer hoe stadig of vinnig die groei is. Hoe stadiger die groei, hoe minder nuwe gevalle wat nog nie kon herstel nie, hoe beter lyk hierdie ding wat hul “herstelkoers” noem.

Eerder as 76% “herstelkoers” moet ons se 24% aktiewe gevalle, verkieslik saam met die nommer. Baie mense hoor “herstelkoers” dan dink hul dit het iets met prognose te doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.