Covid-19-statistieke: Rekordgetal nuwe gevalle in SA

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, Oujaarsaand gedurende ’n kersaansteekseremonie in KwaZulu-Natal. (Foto: Twitter)

Suid-Afrika lui die nuwe jaar in met 18 000 nuwe bevestigde gevalle van die koronavirus.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Oujaarsaand gedurende ’n kersaansteekseremonie in KwaZulu-Natal gesê dit is die eerste keer sedert die uitbreek van die Covid-19-pandemie in Maart verlede jaar dat soveel nuwe gevalle in Suid-Afrika aangemeld is.

Altesaam 1 057 161 bevestigde gevalle Covid-19 is nou reeds sedert die begin van die pandemie in Suid-Afrika aangemeld. Altesaam 43 124 van dié pasiënte is gesondheidswerkers.

Altesaam 28 469 mense het in dié tydperk weens die virus gesterf.

“Honderde mense sterf elke dag. Ek is seker dat almal van ons teen die tyd iemand ken wat dood is aan Covid-19. Nog 436 Covid-19-verwante sterftes is net vandag aangemeld.”

Altesaam 879 671 pasiënte het egter reeds herstel. Die herstelkoers staan op 83%.

Mkhize het daarop gewys dat hoewel 55 000 toetse op Oujaarsdag uitgevoer is, die infeksiekoers steeds op 32,5% staan. “Dit dui daarop dat die virus vinniger versprei as wat ons dit kan opspoor.

Die minister het verder gesê dat die tweede golf van die koronavirus soos voorspel erger is as die eerste virusgolf weens ’n skerp toename in die aantal aktiewe gevalle.

Al nege provinsies het die afgelope week ’n toename in infeksies onder gesondheidswerkers aangemeld. KwaZulu-Natal het egter die grootste toename (687) beleef.

“Elke keer wanneer ’n gesondheidswerker Covid-19 opdoen, verloor ons ʼn paar hande vir minstens tien dae wat ons in hierdie tyd bitter nodig het.

“Kom ons vier die gesondheidswerkers wat elke dag geseëvier het sodat ek en jy nog ’n dag tegemoet kan gaan en met nuwe hoop die toekoms kan ingaan. Kom ons bring hulde aan diegene wat weens Covid-19 gesterf het deur mekaar beter te beskerm,” het Mkhize gesê.

Só lyk Suid-Afrika se Covid-19-gevalle nou:

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap7 316157 2166 155
Vrystaat2 16854 9885 514
Gauteng5 549253 07028 399
KwaZulu-Natal4 394143 52452 065
Limpopo59219 8374 647
Mpumalanga64432 8593 204
Noordwes57734 6594 949
Noord-Kaap39023 0711 853
Wes-Kaap6 839160 44742 235
Totaal28 469879 671149 021

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.