Covid-19-statistieke: Rekordgetal nuwe gevalle

Altesame 88 738 mense is sedert die vorige verslag vir die virus getoets. (Argieffoto: Ronny Hartmann/AFP)

’n Rekordgetal van 24 270 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika bevestig.

Luidens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) se jongste verslag bring die nuwe gevalle die algehele getal laboratoriumbevestigde gevalle op 2 019 826 te staan.

Altesame 88 738 mense is sedert die vorige verslag vir die virus getoets.

Die positiwiteitskoers staan nou op 27,4% en daar is tans 184 564 aktiewe gevalle in die land.

Luidens Nios se statistieke is nog 303 Covid-19-verwante sterftes aangemeld. Dít bring die land se dodetal op 61 332 te staan. Altesame 1 773 930 mense het reeds van die virus herstel.

’n Toename van 627 hospitaalopnames is in die afgelope 24 uur aangeteken.

Die meeste nuwe Covid-19-gevalle is wéér in Gauteng (14 198) aangeteken, gevolg deur die Wes-Kaap (2 606) en Noordwes (1 687).

In KwaZulu-Natal is 1 676 nuwe gevalle aangeteken, gevolg deur 1 417 in Limpopo en 1 187 in Mpumalanga.

Die minste nuwe gevalle is in die Oos-Kaap (652), Vrystaat (555) en die Noord-Kaap (292) aangeteken.

Statistieke toon dat 129 359 inentings oor die afgelope 24 uur toegedien is. Meer as 3 miljoen mense is tot dusver in Suid-Afrika teen Covid-19 geïmmuniseer.

Só lyk die getalle per provinsie:

            Provinsie         Nuwe gevalle        Totale gevalle
 

Oos-Kaap

  652  208 262
 

Vrystaat

 

 555  115 771
 

Gauteng

 14 198  676 524
 

KwaZulu-Natal

 

 1 676  357 528
 

Limpopo

 

 1 417  78 881
 

Mpumalanga

 1 187  96 935
 

Noordwes

 

 1 687   98 809
 

Noord-Kaap

 

 292

59 618

 

 

Wes-Kaap

  2 606

327 498

 

 

 

Totaal

 

 

24 270

2,019,826

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Regtigegtig ·

Ek vermoed al meer dat die hoe covid getalle verwant is aan die inenting, want hoekom word daar nou so baie mense siek. Van die bejaardes wat by my ma se ouetehuis die inenting gekry het is oorlede na hul covid gekry het, selfde storie by my skoonma se ouetehuis. Ons vriend se huiswerker is ook dood n dag na sy ingeent gekry het. So tragies dat iets waarop mense hul hoop sit vir gesondheid dan eindelik hul dood veroorsaak.

NEO ·

Stem saam. Daar is ‘n telegram groep waar mense al die neweeffekte nadat hulle die vacuum gekry het rapporteer en dit is skrikwekkend hoeveel mense siek geword en self dood is na die vacuum geneem is. Sommige mense het geen neweeffekte maar ander word baie siek.

Francois Le Cochon ·

Neo, moenie alles glo wat jy op sosiale media lees nie. Niks is wat dit blyk te wees, alvorens jy die WARE feite het. Ek kan ook wyd verkondig dat my huishulp oorlede is nadat sy ingeent was, terwyl ek nie eers ‘n huishulp het nie.

NEO ·

Dit is feite elkeen wat siek geword het na die vakuum se naam en besonderhede is daar. Ek dink jy moet jou vergewis van die feite en nie als glo wat jou opgedus word nie.

MakersMark ·

Ek is ook bang vir die vacuum. Vir die vaksiene……nee…

MakersMark ·

Wat ‘n spul snert. In SA is meer as 1.4 miljoen inentings toegedien. Res van wêreld 3 biljoen. As inentings TOENAME in CV19 veroorsaak sou daar nie wêreldwyd ‘n massiewe toename in gevalle gewees het nie?.

Dirk Mostert ·

Dis presies wat nou gebeur, o.a. Rusland wat ‘n Sputnik-golf beleef.

Erik ·

Weet jy hoeveel mense is oorlede wat nie die inenting gekry het nie?

Bitter min oumense het reeds die tweede inenting gekry en om te sê iemand wat 85 of 90 jaar oud is is na die inenting oorlede as gevolg daarvan is verregaande. Ons almal gaan sterf na die inenting, maar iemand wat 90 is dalk vinniger as iemand wat 25 is? Hoeveel onderwysers ken jy wat oorlede is na die inenting? Dink nie ons moet tydskrif of Facebook stories glo bo wetenskaplike bewyse nie.

piet ·

In Amerika is meer as 327 miljoen inentings gedoen. Hulle kon tot dusver GEEN kousale verband vasstel tussen die inentings self en sterftes daarna nie. Kan nie sien hoe dit hier sal anders wees nie.

piet ·

My vriend se vriend se girlfriend is dood nadat sy 2 Panados’ gedrink het. My broer se swaer se neef is ‘n uur nadat hy ivermektien aangesmeer is, dood.

Dirk Mostert ·

Is die teenliggaampie-fabriekie in jou bo-arm al in produksie? Vir hoe lank is die fabriekie geprogrammeer om teenliggaampies te vervaardig?

Francois Le Cochon ·

Regtigegtig, as jou teorie nie in die praktyk bewys kan word nie, is jou teorie verkeerd.

David ·

Jammer vir jou verlies, maar inentings maak nie mense siek met SARS-COV2 nie.

Na die inenting neem dit tyd vir die liggaam om teenliggaampies te maak, so ‘n mens bly kwesbaar vir nog ‘n periode na die spuit (of twee).

Kanjynoumeer ·

Hoeveel meer mense moet nog sterf voor n definitiewe besluit geneem gaan word oor Ivermektien?

Francois Le Cochon ·

Daar is alreeds ‘n besluit geneem. Lees wyer.

Erik ·

Ek het self Covid gehad en is reeds ingeënt. Ek wonder soms, behalwe vir ‘n toestroming na hospitale, wat sal die gevolge wees van ‘n geen inperking nie?

Miskien sal mense dan self meer verantwoordelik wees? Dalk sal meer mense dan die inenting wil kry? Ek wonder soms of die Covid golf nie maar oor ons almal moet kom spoel nie sodat dit verby kan kom en of elkeen nie maar na homself moet omsien in plaas van die regering of om dit van ander te verwag nie? Altwee kante toe sal die regering tog blameer word.

Hierdie ding is lelik en ‘n realiteit, maar eintlik kan ons maar net een ding doen, en dit is om onself te laat inent. Kry gaan jy hom kry, en hoe hy jou gaan vang weet jy nie vooraf nie.

Daniel ·

Dis elke persoon se vrye keuse, as jy dan die vaksien gehad het hoekom sou jy iemand vrees wat dit nie gehad het? Jy is dan mos nou “veilig”?

Sê-mar-net ·

Dis net my gat se deksel dat die regering nog steeds soos ñ neet aan ñ wolkombers klou aan die inentings, wanneer dit DUIDELIK is vir die hele wêreld om te sien dat hulle faal in hul poging om hul teikens te bereik.
Liewr aarde-hoeveel mense moet nog sterf? MAAK DIE VAKSINASIES BESKIKBAAR AAN DIE PRIVAAT SEKTOR! Hoe vinniger die mense geent word hoe vinniger kan die delta varaint gestuit word! Die pvt sektor gaan druk van die staat sektor afneem wat sodoende húlle werk kan voorsit met reisende klinieke.
Dis tog nie so ñ moeilike sommetjie nie?!?!? Of dalk dink ek maar net so….
Sê-maar-net………..

piet ·

3 miljoen is al ingeent. Onthou net die hoe risko groepe is ingeent. Dit sal nou baie vinniger gaan.

Francois Le Cochon ·

Dischem, PnP en Clicks apteke wat tans inent, is privaat sektor. (Clicks het alle PnP apteke oorgeneem).

piet ·

Ek sien in Duitsland waar miljoene ingeent is en die nuwe gevalle tans baie min is, oorweeg hulle om mense wat reeds die inenting ontvang het na normaal te laat terugkeer. Geen inperkings of dra van maskers nie. Mense wat nie ingeent is nie gaan egter nie hierdie voorregte geniet nie. Ek dink dis ‘n goeie ding om die ingeente, gehoorsame en laer risiko groep te beloon vir hul samewerking.

MakersMark ·

Stem saam. By alle publieke plekke twee rye, een wat vinnig beweeg, ander een stadig want die negatiewe CV19 sertifikaat moet eers gesoek word…..

piet ·

As voorsorgmaatreel mag geen persoon wat nie kan wys hy is ingeent nie in ‘n openbare ry staan nie…… ongehoorsames moet groupie saam met hul ander ongehoorsame maatjies by die huis.

NEO ·

Een ry vir die skape wat die WHO blindelings navolg en ‘n ry vir mense wat logies dink en nie as ‘n eksperiment vir die toets tydperk gebruik word nie.

Pitbul ·

Getalle klim en die drankwinkels is toe. Duidelik lê die fout nie daar nie…

Erik ·

Duidelik verstaan jy nie waarom die drankwinkels toe is nie.

Pitbul ·

Gaan jy my betaal vir die week sonder geen inkomste. Maar ek moet nog steeds my mense betaal.

Pitbul ·

Verloor jy n week se inkomste sover dan glo ek jy verstaan my sentiment.

Francois Le Cochon ·

Pitbul, indien jy 100km per uur ry, en jy trap rem, kom jy nie onmiddelik tot stilstand nie, maar eers 100m verder.

MakersMark ·

Dis maar hoe dit is, alle besighede het risiko’s. Veral wêreld gebeure wat niemand kan voorsien nie. Ongelukkig is die familietwis, messtekery, motorongeluk en aanranding syfers in SA so hoog onder normale kondisies en drankwette dat die ongevalle eenhede van hospitale oorvol is. Gedurende CV19 met toestroming van siekes kan die hospitale nie die CV19 en alkohol verwante ongevalle hanteer nie. Dis nie die drank wat die probleem is nie dis die gedrag van SA’nrs as hul eers gekletter is.

Lorna ·

Ja meeste mense bly se dis nie covid-19 nie maar net ???? n griep dalk is dit maar met n dodelike gevolg ja ek weet mense gaan ook dood aan griep so kom ons hou dit met naam covid-19 angswekkend in my oë of loop die mense met skille op hul oë
Die angs bly as 1 van jou family lede die virus optel
Ek het 1st inspuiting gekry maar moet nog 2de kry en ek is vrek bang maar met ONSE VADER reggemaak en daar is rustig in my hart
Ek sien baie mense staan ongevoelig op straat
Ek smeek dink aan family en ander mense ASB

Dirk Mostert ·

‘n Rekordgetal toetse vind 24,270 positief, net 2.6% daarvan hospitaalgevalle. Ek bly by my standpunt dat die toetse ‘n klug is.

Dirk Mostert ·

Herschel Jantjes is positief getoets en daarna negatief. Dit wys mos die resultate is onbetroubaar.

Rian ·

As jy een van dié is wat in die hospitaal beland, dan was jou eie kans 100%.

Hendrik Marthinus ·

Inentings is al wat SA gaan help om oor die pandemie te kom
Maar Maroela Kaders glo en steur Hulle aan almal wat iets negatief se oor die vaccine
Plaas Hulle luister na hulle GP en dus al
Maar elke 2de ou Wil op Facebook homself opneem en klomp lieg stories versprei
Dus soos om te luister na n loodgieter wat Sy opinie uitspreek oor n motor se enjin wat onklaar geraak het
Plaas hy dit Los vir n motorwerktuigkundige.

Erik ·

Het jy gehoor tannie Grietjie van Kleinplaas het net daar dood neergeslat nadat sy die vaksine gekry het… En dan val 99% van MM lesers pens en pootjies daarvoor.

En dan as versterking: Onthou, daar is ‘n uitstekende dokter naby Grootplaas wat ook gesê het jy moet wegbly van daai vaksine af.

Die meeste kommentare van die aard het ook dikwels 34 of meer spel- en taalfoute in.

Vaderland, ek het geen hoop vir ons ou volkie nie.

MakersMark ·

Stem saam. Meeste van die glo nog aan Vader kersfees, die tokkolos en warm koolblare op jou bors “trek die infeksie uit”. Terug middeleeue toe….

Anoniem ·

As ek hier lees lyk dit my of ons oor ‘n paar maande net Afrikaanse mense in die hospitaal gaan hê

piet ·

Heelwat brawes het al laat deurskemer dat die verkouetjie gou gou oorkom kan word wanneer die veedip wondermiddel gebruik word en dat hospitalisasie dus glad nie nodig gaan wees nie. Ons sal hierdie verwikkeling stip dop hou.

Francois Le Cochon ·

piet, ek drink al vir baie jare Rooibostee, en het nog nie Covid gekry nie. My vrou drink koffie, en sy het. Nou wonder ek?????

Jan ·

Die analiste by Panda waarsku reeds sedert verlede jaar dat die golwe deur die inperkingsmaatreëls gedryf word. Angs, isolasie, maskers, verarming dra alles by om immuniteit en weerstand af te breek wat die pad baan vir meer infeksies en sterftes wat weer angs verhoog in ‘n bose kringloop.

Realis Thailand ·

Die virus gaan vir baie jaremet ons wees
Julle moet maar gewoond raak daaraan om daarmee saam te leef
Dit gaan soos die griepvirus word en jaarliks in sulke vlae kom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.