Covid-19-statistieke: SA amper by 3 miljoen-kerf

Argieffoto. (Foto: MIGUEL RIOPA / AFP)

Altesaam 358 nuwe Covid-19-gevalle is Saterdag in Suid-Afrika aangeteken. Dit bring die totale getal Covid-19-gevalle wat sedert Maart verlede jaar hier aangemeld is, op 2 923 751 te staan. Dit is ʼn positiwiteitskoers van net 1,2%. Dit is wel hoër as Vrydag se koers van 1,1%.

Volgens die departement van gesondheid se syfers is 24 nuwe sterftes gister aangemeld, wat beteken 89 319 mense in Suid-Afrika is al aan Covid-19 dood. Dit is 3% van alle mense wat tot dusver Covid-19 in die land opgedoen het. Minstens 16 668 mense het tans Covid, die res het van die virus herstel. Altesaam 22 mense is Saterdag in hospitale vir die behandeling van Covid-verwante siektes opgeneem.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (107) aangemeld, gevolg deur KwaZulu-Natal (64) en die Vrystaat (53). Limpopo het net 10 nuwe gevalle aangemeld. Altesaam 33 208 nuwe inentings is Saterdag toegedien.

ProvinsieNuwe gevalle
Oos-Kaap21
Vrystaat53
Gauteng107
KwaZulu-Natal64
Limpopo10
Mpumalanga35
Noordwes14
Noord-Kaap14
Wes-Kaap40

 

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Bernard ·

“Covid” is skaars 40% van die daaglikse moordsyfer – en moordenaars hoef nie beklappies te dra nie.

Hendrik ·

So ons nou amper by 5% van die land se bevolking. Baie meer as 5 % het hul inkomste verloor en gaan dood van die honger of is op familie, wat ook sukkel, afhanklik vir basiese oorlewing.

MakersMark ·

Niks met CV19 uit te waai nie werkloosheid was al 28% voor CV19 nou is dit 30%.

Frannie ·

Stemdag is verby en nou klim die getalle stadig maar seker alweer. So voorspelbaar.

gehasie ·

Verkiesing is nou verby so kom ons konsentreer weer op die uiters verdagte statestieke van Covid. Plakkerkampe vergroot eksponensieël by die week en dan beweer hulle daar is n krieses. Die krieses lê in die drakoniese sg. beheermaatreëls. Kyk wat gebeur in Australië en NZ! Tyd om wakker te skrik SA!!!

Dirk Mostert ·

Jy kan in Australie jou entpaspoort verloor as jy nie elke booster ook neem nie.

Jakes ·

Asseblief, hierdie kamtige voorspelbare toename in Covid gevalle kry nou drasties gestalte want daar is klaar gestem en sal die vierde vlaag nou binne dae so vinnig klim dat daar weer na n strenger vlak oorgegaan word, Desember is om die draai en binnekort sal die drankverbod weer ingestel word. Lagwekkend om die minste te se.

Samuel ·

Stadig maar seker klim die Covid gevalle, sodat Desember weer toegemaak kan word. Dit bied darem ook vir Cele geleentheid om op die strande te gaan rondstap. Covid word goed bestuur.

Jacobus ·

Soos vorige kommentare genoem het gaan die intensiteit van propoganda skreeuend toeneem. Die verkiesing het ernstig ingemeng met hulle planne. Maar nou-ja dis waarvoor statistiek daar is – veral as jy appels en pere vergelyk.

Dirk Mostert ·

Die regering en sy lakeie in die departement gesondheid, boetie.

MakersMark ·

O ok niggie, so elke land wereldwyd, asook elke land se dept. Van gesondheid en hul “lakeie” het ‘n plan on CV19 golwe uit te rol op sekere stadiums asook dan die inperkings te verhoog ? Wie koordineer die massiewe plan ?

annie ·

Onthou ons maak nou ook entstof… Klaar weer agtergeblewe…. Terwyl die res van die wêreld al by pille en per-mond-enting gevorder het. Dalk het ons verkiesingskommissie dieselfde ouens wat die virustellings hou, geleen, want hul tellings is ok maar vreemd verby. Die noorde op aarde het nou winter en die virus hou blykbaar van koel weer, maar hier gaan die syfers moet klim al moet sekere mense covid met ‘n kweperlat looi.

Francois Le Cochon ·

Ek raak nou oud. Ek vind myself waar ek goed in my tuin plant wat ek nie kan rook nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.