Covid-19-statistieke: SA het 11de meeste gevalle ter wêreld  

(Argieffoto)

Suid-Afrika het nou die 11de meeste Covid-19-infeksies ter wêreld.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Vrydagaand bekend gemaak dat die land 250 687 bevestigde Covid-19-gevalle het. Meer as 50 000 toetse is in die afgelope 24 uur-toetssiklus gedoen met meer as 12 300 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Altesaam 140 nuwe sterftes is bevestig: 66 in die Wes-Kaap, 39 in Gauteng, 24 in die Oos-Kaap en 11 in KwaZulu-Natal. Die algehele sterftesyfer staan in hierdie stadium op 3 860.

Meer as 118 000 mense het reeds van die siekte herstel, ʼn koers van 47,2%.

Volgens die gesaghebbende Johns Hopkins-Universiteit in die VSA het Suid-Afrika nou die 11de meeste Covid-19-infeksies ter wêreld naas Amerika (3 184 573), Brasilië (1 800 827), Indië (793 802), Rusland (712 863), Peru (319 646), Chili (309 274), die Verenigde Koninkryk (289 678), Mexiko (289 174), Spanje (253 908) en Iran (252 720).

Provinsiale statistiek:

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap63428 903
Vrystaat19629
Gauteng55423 804
KwaZulu-Natal2605 953
Limpopo33665
Mpumalanga22779
Noordwes361 688
Noord-Kaap7277
Wes-Kaap2 29555 534
Totaal3 860118 232

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Vriendelike Frikkie ·

Ja, dis ons daai. Trek altyd aandag vir die verkeerde redes. Meeste VIGS, hoogste misdaad, verkragtings, moorde ens. Vertrou ons om ook hier ‘n wêreldrekord op te stel.

Stefan ·

Snaaks dat ons met negatiewe goed altyd so hoog op die ranglyste staan.

Pieter ·

Ek glo niks wat die ANC se nie hulle soek net geld en simpatie by hulle chinese pelle dit is al.

Dirk Mostert ·

Kokkelollie statistiek gebaseer op mamparra-toetse. Jy kan positief toets terwyl jy gesond is (‘asimptoties’). Jy kan positief toets as jy ‘n papaja of ‘n boerbok is. Jy kan positief toets en ‘n paar dae later negatief, soos Novak Djokovic en sy vrou Jelena. Teen die tyd dat die toetsuitslag bekend is kon jy al van positief na negatief of omgekeerd verander het. Sterftes word nie altyd eerlik geklassifiseer as ‘verwant’ nie. Is dit regeringsstatistiek of die SABC wat met die drogbevinding kom dat daar ‘n 47% herstelkoers is (herstelde gevalle verdeel deur totale sg. infeksies). Die korrekte herstelkoers is 97% (herstelde gevalle verdeel deur herstel+sterftes). Wereldwyd is Covid-statistiek onder verdenking weens wanpraktyke. Hoe vergelyk vanjaar se Covid19 getalle met laasjaar se Covid18 (griep, verkoue, longontsteking, TB)?

wim ·

Maar 47ste op sterftes per miljoen. Mens sou dink dit is wat belangrik is. Om (1) Covid sterftes laag te hou en (2) seker te maak mense wat andersins nog baie jare sou kon lewe gaan nie aan ander goed dood nie.

Ons kry die eerste een goed reg. Weens een of ander rede (tb inentings, jong bevolking, wat ook al) beter as Europa.

Die groot nuus behoort te wees hoe swak os vaar op nommer (2).

HJvdb ·

Met daaglikse nuwe gevalle lê SA nou 3de volgens die “Worldoneter”

Spyker ·

Ons moet vinger trek met die toetse, ons kan nie tevrede wees met n derde plek nie

Kobus ·

Dit gaan my verstand net te bowe, As jy possatief getoets word het jy die keuse om by jou eie huis in kwarentyn te gaan. Maar as jy terug vlieg van ander land af waar jy eers ‘n serifikaat moet toon dat jy negatief getoets is voor jy eers op die vliegtuig toegelaat kan word moet jy vir 14dae in ‘n staats verkose instansie in afsondering gaan sit?

Andre ·

Ja nee SA gaan nog rekord breek en nog ‘n klad op die land se naam sit.Is daar nog iets positief om oor die land te se?Maar net nog ‘n spyker in ‘n doodskis van ‘n eens pragtige en vooruitstrewende land.

marius ·

Vir wat toets hulle nog ? Daar is geen kuur nie en ook geen keer nie . Dis die waarheid .

Wonder net ·

Wat ek graag sal wil weet, is hoe ons n land soos China waar dit sy oorsprong gekry het, verbygesteek het? Hulle populasie per m2 is baie digter as ons, en hulle feature nie eers nie? Mens hoor nie meer van hulle gevalle nie. Was dit maar net hulle manier om die “virus” vir kommunistiese redes die res van die wereld in te stuur, en so die res van die wereld ekonomies op sy knieë te dwing en mense sosiaal af te sny van die werelsd? So word plaasmoorde aangehits, geweld teen vrouens en onskuldige kinders neem daagliks met groot getalle toe, en so gaan mense daagliks meer dood as Covid. Dalk moet iemand vir ons die daaglikse sterftes van Covid vergelyk met daai syfers? Maar sal mos nie gepubliseer word nie, want dis irrelevant.

Lorette ·

Ek wonder nog oor hierdie Covid wat sy ontstaan in China gehad het – doelbewus dalk. Baie sê dis in lab gekweek – wonder wat is die waarheid en ons is reeds kniediep by China in die skuld! Wêreldoorheersing dalk?

Vriendelike Frikkie ·

In China was daar ‘n grendeltyd wat afgedwing was. Hier was daar grendeltyd wat verkeerdelik as partytjietyd verstaan was. Solank as wat 80% van ons bevolking hulself aan die grendeltyd afvee gaan die virus ongebreideld versprei. Bitter baie van ons mense glo al die sameswerings strooi en ignoreer dus goei raad. My beskeie opinie is dat ons in die top 5 gaan draai.

JohanR ·

11de in die Covid-19 tou. En waar in die tou vir dommes staan ons ANC goverment? Dit moet in die eerste drie iewers wees?

Tewis ·

Is daar dalk iemand wat vir my lig op die volgende kan werp asb:
1) hoekom word daar nie ook gesigmaskers ens soos komdome met figs uit gedeel word nie,
2) wat het van die 19000 gevangenis gebeur wat sou vry gelaat word, dis mense wat maande en selfs jare sonder drank ens moes klaar kom?

Jan ·

Ons verloor perspektief. Ten spyte van buitengewone pogings om die covid-19 sterftes erger te laat lyk, oorskry die syfers steeds nie wesenlik sterftes aan gewone seisoenale griep nie. Dit kom ook nie naby aan TB nie, wat elke dag, jaar in en jaar uit, gemideld 172 sterftes veroorsaak. Die media het ‘n verantwoordeliheid hierin wat hulle nie nakom nie. Hou op om sensasie te soek en mense onnodig op hol te jaag.

Michael ·

Onthou die is n land van freeDOM, vandat die ander party in beheer is soek hul als verniet,en wil raak gesien word so hul mik vir 1te plek.
Onthou soos hul se die is n wit man siekte so hoekom moet hul terug hou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.