Suid-Afrika het nou die 11de meeste Covid-19-infeksies ter wêreld.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Vrydagaand bekend gemaak dat die land 250 687 bevestigde Covid-19-gevalle het. Meer as 50 000 toetse is in die afgelope 24 uur-toetssiklus gedoen met meer as 12 300 nuwe gevalle wat aangemeld is.
Altesaam 140 nuwe sterftes is bevestig: 66 in die Wes-Kaap, 39 in Gauteng, 24 in die Oos-Kaap en 11 in KwaZulu-Natal. Die algehele sterftesyfer staan in hierdie stadium op 3 860.
Meer as 118 000 mense het reeds van die siekte herstel, ʼn koers van 47,2%.
Volgens die gesaghebbende Johns Hopkins-Universiteit in die VSA het Suid-Afrika nou die 11de meeste Covid-19-infeksies ter wêreld naas Amerika (3 184 573), Brasilië (1 800 827), Indië (793 802), Rusland (712 863), Peru (319 646), Chili (309 274), die Verenigde Koninkryk (289 678), Mexiko (289 174), Spanje (253 908) en Iran (252 720).
Provinsiale statistiek:

Sterftes en persone wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel |
Oos-Kaap | 634 | 28 903 |
Vrystaat | 19 | 629 |
Gauteng | 554 | 23 804 |
KwaZulu-Natal | 260 | 5 953 |
Limpopo | 33 | 665 |
Mpumalanga | 22 | 779 |
Noordwes | 36 | 1 688 |
Noord-Kaap | 7 | 277 |
Wes-Kaap | 2 295 | 55 534 |
Totaal | 3 860 | 118 232 |

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
20 Kommentare
Ja, dis ons daai. Trek altyd aandag vir die verkeerde redes. Meeste VIGS, hoogste misdaad, verkragtings, moorde ens. Vertrou ons om ook hier ‘n wêreldrekord op te stel.
Snaaks dat ons met negatiewe goed altyd so hoog op die ranglyste staan.
Ek glo niks wat die ANC se nie hulle soek net geld en simpatie by hulle chinese pelle dit is al.
Kokkelollie statistiek gebaseer op mamparra-toetse. Jy kan positief toets terwyl jy gesond is (‘asimptoties’). Jy kan positief toets as jy ‘n papaja of ‘n boerbok is. Jy kan positief toets en ‘n paar dae later negatief, soos Novak Djokovic en sy vrou Jelena. Teen die tyd dat die toetsuitslag bekend is kon jy al van positief na negatief of omgekeerd verander het. Sterftes word nie altyd eerlik geklassifiseer as ‘verwant’ nie. Is dit regeringsstatistiek of die SABC wat met die drogbevinding kom dat daar ‘n 47% herstelkoers is (herstelde gevalle verdeel deur totale sg. infeksies). Die korrekte herstelkoers is 97%… Lees meer »
Maar 47ste op sterftes per miljoen. Mens sou dink dit is wat belangrik is. Om (1) Covid sterftes laag te hou en (2) seker te maak mense wat andersins nog baie jare sou kon lewe gaan nie aan ander goed dood nie.
Ons kry die eerste een goed reg. Weens een of ander rede (tb inentings, jong bevolking, wat ook al) beter as Europa.
Die groot nuus behoort te wees hoe swak os vaar op nommer (2).