Covid-19-statistieke: SA nader 700 000 gevalle

(Argieffoto)

Suid-Afrika het nou meer as 698 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 1 770 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Donderdagaand bevestig dat 698 184 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 18 309 nadat nog 158 sterftes aangemeld is: 22 in die Oos-Kaap, 19 in die Vrystaat, 38 in KwaZulu-Natal, 70 in Gauteng, vyf in Limpopo en vier in die Wes-Kaap.

“Van die 158 sterftes aangemeld, het agt in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind: een in die Vrystaat, een in Gauteng, twee in Limpopo en vier in die Wes-Kaap.”

Tot dusver het 628 301 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 90%.

Suid-Afrika het tot dusver 4 481 354 toetse vir Covid-19 gedoen, 22 609 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap91 37313,1%
Vrystaat52 1677,5%
Gauteng224 15832,1%
KwaZulu-Natal120 85917,3%
Limpopo16 5472,4%
Mpumalanga28 4664,1%
Noordwes31 3564,5%
Noord-Kaap19 6302,8%
Wes-Kaap113 62816,3%
Totaal698 184100%

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap3 39786 9271 049
Vrystaat1 27036 30314 594
Gauteng4 597199 65619 905
KwaZulu-Natal3 111111 9535 795
Limpopo43515 514598
Mpumalanga58927 098779
Noordwes39328 5892 374
Noord-Kaap23716 5832 810
Wes-Kaap4 280105 6783 670
Totaal18 309628 30151 574

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Barbara ·

ONTHOU: Uit 57 miljoen mense in Suid Afrika….. hierdie is nie ‘n pandemie nie.

OW ·

Nou wat is dit dan?Dit gaan nie oor getalle nie.Dit gaan oor ‘n epidemie wat wêreld wyd verprei het en vir die eenvoudige rede dat geen voorkomings maatreels nog beskikbaar is nie.Solank geen entstof vir voorkoming beskikbaar is nie,bly dit ‘n pandemie.

gehasie ·

Die ANC kon in 26 jaar hoogstens vals en met uiterste swak statestieke vorendag kom en skielik wil almal hierdie C-19 statestieke glo. Europa se C-19 skiet kwansuis die hoogte in want dit is winter maar snaaks genoeg hier waar dit somer is gebeur dieselfde, dit terwyl hospitale met sg. C-19 pasiënte leeg was. Vader Jakob slaap jy nog hoor hoe lui die kerk klok!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.