Covid-19-statistieke: SA nader die 20 000-kerf

Sosiale distansiëring in ʼn ry buite ʼn toetsingskliniek in Khayelitsha, Kaapstad (2 April 2020) (Foto: AP Photo/Nardus Engelbrecht)

Altesaam 19 137 bevestigde gevalle van die nuwe koronavirus wat Covid-19 veroorsaak is nou reeds in Suid-Afrika aangemeld. Dit dui op ’n toename van 1 134 gevalle in die afgelope 24 uur.

Die grootste toename in gevalle is in die Wes-Kaap en die Oos-Kaap aangemeld, het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, Donderdag tydens ʼn perskonferensie gesê.

Nog 30 Covid-19-verwante sterftes is in dié tyd aangemeld. Die land se dodetal staan nou op 369. Vyf nuwe sterftes is in die Oos-Kaap aangemeld en 25 in die Wes-Kaap. Mkhize sê mense wat aangesteek het, is grotendeels werkers wat noodsaaklike dienste verrig.

Volgens Mkhize is 525 433 toetse tot op hede in Suid-Afrika uitgevoer, waarvan 257 003 (49%) in die private sektor en 268 430 (51%) in die openbare sektor uitgevoer is. Altesaam 18 572 toetse is die afgelope 24 uur gedoen.

Die Wes-Kaap het steeds die meeste Covid-19-gevalle (12 153) en 63% van die land se gevalle kom in dié provinsie voor. Gauteng het 2 453 gevalle (12,8% van die land se gevalle) en die Oos-Kaap het tans 2 324 bevestigde gevalle (12% van gevalle landswyd).

Mkhize het gesê die regering sal nou die meeste van hul hulpbronne op die Wes-Kaap fokus.

Die sterftes per provinsie lyk só:

Provinsie Sterftes
Oos-Kaap50
Vrystaat6
Gauteng27
KwaZulu-Natal46
Limpopo3
Mpumalanga0
Noordwes1
Noord-Kaap1
Wes-Kaap235
Totaal: 369
Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Willem ·

Dink nie dis meer nodig vir hierdie gemanipuleerde syfers nie. Daar word gemeld dat daar 17 nuwe gevalle in Limpopo is maar die totaal bly dieselfde. Nee wat dis duidelik dat daar gesmokkel word met ons. Prof Gray moet president word nie bang om te praat nie

Emily ·

Nog n spul leuens.
Kry mense met Wiskunde om julle somme te doen asb, want duidelik kan wie ookal dit nou doen nie tel nie.
En hou op gewone sterftes te sit as Covid19

Leeuwyfie ·

Ek hoop Alan Winde doen ook toetse op papajas, boerbokke en motor-olie.

Misky ·

Erens lieg iemand vreeslik lekker en maak nie sin nie. Wereldwyd is gese die sterfte syfer is rondom 1% van die positiewe toetsings. Dus moet die positiewe gevalle rondom 36 900 wees as sterfte syfer korrek is. Al dan nie, moet die sterfte syfer rondom 190 wees indien die positiewe infeksie syfer korrek is.

1 + 1 maak beslis nie 2 in ons korrupte, leuenaar regering nie.

Scalla ·

Hierdie virus bestaan reeds al n geruime tyd by ons en dit is nie n nuwe ding nie, persone wat ek ken het presies dieselfde simptone getoon soos beskryf so ongeveer twee jaar terug en daar was nie teenmiddels beskikbaar nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.