Covid-19-statistieke: SA steek 1 miljoen-kerf verby

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het Sondag die eenmiljoenkerf van bevestigde Covid-19-gevalle verbygesteek.

Die land het nou reeds ʼn bevestigde 1 004 413 gevalle van die nuwe koronavirus, het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, Sondagaand gesê.

Altesaam 9 502 nuwe gevalle is aangemeld.

Tot dusver het 844 874 mense reeds van die virussiekte herstel – ʼn koers van 84,1%.

Mkhize het ook 214 nuwe Covid-19-verwante sterftes bevestig. Hiervan was 123 in die Oos-Kaap, 17 in Gauteng, 13 in KwaZulu-Natal, vyf in die Noord-Kaap en 56 in die Wes-Kaap. Dit bring die land se sterftesyfer op 26 735 te staan.

Volgens Mkhize is meer as 6,4 miljoen Covid-19-toetse reeds gedoen en 29 494 toetse is sedert die vorige verslag gedoen. Altesaam 54% van toetse is in die staatsektor gedoen.

 Algehele sterftesReeds herstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap6 925152 9636 961
Vrystaat2 15254 4575 162
Gauteng5 334245 91923 019
KwaZulu-Natal3 971132 97246 710
Limpopo54319 3852 777
Mpumalanga63832 1812 101
Noordwes57734 3763 587
Noord-Kaap37722 0792 414
Wes-Kaap6 218150 54240 073
 26 735844 874132 804

Pres. Cyril Ramaphosa het Sondagmiddag met belanghebbendes en rolspelers in die stryd teen die Covid-19-pandemie vergader en alle aanduidings is dat die huidige stand van sake tot hernieude strenger inperking vir die land gaan lei.

ʼn Aankondiging oor enige verskerping van maatreëls moet egter nog gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.