Covid-19-statistieke: SA steek die 100 000-kerf verby

(Argieffoto: fernando zhiminaicela/Pixabay)

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Maandag die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekend gemaak.

Tot dusver is 101 590 gevalle reeds in die land aangemeld. Dit is ʼn toename van 4 288 sedert Sondag.

Nog 61 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig wat die landwye totaal op 1 991 te staan bring. Altesaam 39 van die sterftes is in die Wes-Kaap aangemeld, gevolg deur 18 in die Oos-Kaap, drie in KwaZulu-Natal en een in Limpopo.

Die ouderdomsgroep wat tot dusver die meeste sterftes aangeteken het, is mense tussen 60 en 70 jaar oud (522 sterftes). Dit verteenwoordig 26,2% van die algehele getal sterftes. Nog ʼn kwart van die sterftes (24,5%) wat aangeteken is, was pasiënte tussen 50 en 60 jaar oud.

Tot dusver het 53 444 mense van die virus herstel.

Meer as 25 116 toetse uit 1 353 176 is in die afgelope 24-uursiklus gedoen.

Provinsiale statistieke:

Wes-Kaap: 35 958
Oos-Kaap: 8 035
Gauteng: 5 620
KwaZulu-Natal: 2 769
Vrystaat: 264
Noordwes: 248
Limpopo: 257
Mpumalanga: 181
Noord-Kaap: 112

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
Cheetha

Wanneer gaan ons weet wie is die sterfgevalle? Dis mos net my mense wat dit kan kry?

Hendrik

Deesdae sterf almal aan Covid verwante oorsake ipv natuurlike oorsake wonder wie maak geld hieruit. Snaaks nog geen persoon is ooid doid aan Aids nie dis altyd iets anders sois TB

Wat op dees Aarde

Alles goed en wel, maar almal is besig om paniek te saai. In totaal het ons al oor die 100 000 gevalle, maar niemand trek die sterftes en die hoeveelheid mense wat genees het af nie. Ons het tans net 46 115 aktiewe gevalle, nie 100 000+ soos wat al die media huise ons vertel nie. Ons “recovery rate” is oor die 50% en die sterftekoers net-net onder nie 2%. Ek sal eers in ‘n paniek gaan wanneer ons dieselfde ervaar as wat Amerika tans doen, maar sover dink ek doen ons nog baie goed.

Pieter

Is dié nog ooit relevante / belangrike nuus terwyl ons land en ekonomie ten gronde gaan?

MARIETA

Baie dankie vir statistieke