Covid-19-statistieke: SA steek die 30 000-kerf verby

(Grafika: Pixabay)

Amper 31 000 bevestigde gevalle van die nuwe koronavirus wat Covid-19 veroorsaak is nou in Suid-Afrika aangemeld. Meer as 20 000 van dié gevalle is in die Wes-Kaap aangeteken.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Saterdagaand in sy jongste verklaring gesê 30 967 bevestigde gevalle Covid-19 is tot op hede in die land aangemeld, waarvan 1 727 die afgelope 24 uur aangemeld is.

Nog 32 Covid-19-verwante sterftes is in dié tyd aangemeld. Dit bring die land se dodetal op 643 te staan.

Volgens Mkhize het 16 116 pasiënte in Suid-Afrika egter reeds van die virus herstel.

Meer as 20 000 Covid-19-toetse is die afgelope 24 uur uitgevoer. Suid-Afrika het tot op hede 701 883 toetse gedoen, waarvan 347 508 (50%) in die private sektor en 354 375 (50%) in die openbare sektor.

Verspreiding van Covid-19-sterftes volgens ouderdomsgroep:

OuderdomsgroepGetal sterftes
0-92 (0,3%)
10-192 (0,3%)
20-294 (0,6%)
30-3939 (6%)
40-4970 (10,8%)
50-59160 (24,8%)
60-69169 (26,2%)
70-79124 (19,2%)
80-8959 (9,1%)
90-9914 (2,7%)
Totaal 643 (100%)

Sterftes volgens geslag:

Manlik VroulikTotaal
338305643

Sterfte- en herstelsyfers volgens provinsie:

Provinsie SterftesHerstel
Oos-Kaap821 987
Vrystaat8123
Gauteng312 035
KwaZulu-Natal521 180
Limpopo3140
Mpumalanga067
Noordwes145
Noord-Kaap131
Wes-Kaap46510 508
Totaal64316 116

 

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jan ·

Het dit nie tyd geword dat ons die Corona histerie nou begrawe en aangaan met ons lewens nie. Is daar nog nie genoeg redelike stemme van gerespekteerde kundiges wêreldwyd wat aantoon dat die reaksie op Corona buite verhouding tot die bedreiging is nie en dat die ekonomiese krisis wat geskep is waarskynlik veel meer lewens as die virus gaan eis nie. Nee wat ek is klaar met corona

Sharnelle ·

Stem saam jou. Wonder hoeveel van hierdie getalle is natuurlike oorsake en padongelukke. Sal nie verbaas wees as hulle bietjie oordryf en ekstra getalle byvoeg net om die pandemie erger te laat lyk nie.

Sharnelle ·

Wonder hoeveel van hierdie getalle is natuurlike oorsake en pagongelukke.

Anel ·

En hieveel is in die hospitaal? En hoeveel us op hul laaste. En hoeveel het inderliggende siektes. En hoeveel wat in die hospitaal is is dasr suiwer agv die virus? Glo nue ‘n woord wst hlle sê nie. Wil net die mense bang praat.

Jack ·

Die syfers behoort met ongeveer 4,5% te styg as ons die uitstaande toetse bytel. Net tov positiewe gevalle.

Jaco ·

wanneer gaan die covid-19 gevalle in SA volgens ras uiteengesit word? Amper alle ander goed werk dan volgens ras. Arm wit mense mag nie eens kospakkies kry nie.

HennieKdp ·

Plaas asb naas die getal sterftes per ouderdomsgroep ook die getal bevestigde gevalle per ouderdomsgroep.

Walter ·

We are about 60 million in the country these stats mean nothing, it is fake news, if you maintain normal general health cleanliness as taught in schools, what’s the point of this situation. When you live in unhygienic environment, because the government has stollen the money, there will be disease outbreaks. History proves it. Wait they cannot read and the supposed intellectuals are paid fat salaries to think up nonsense. Nee wat ek nie n graad nodig om deur hierdie klug te sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.