Amper 31 000 bevestigde gevalle van die nuwe koronavirus wat Covid-19 veroorsaak is nou in Suid-Afrika aangemeld. Meer as 20 000 van dié gevalle is in die Wes-Kaap aangeteken.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Saterdagaand in sy jongste verklaring gesê 30 967 bevestigde gevalle Covid-19 is tot op hede in die land aangemeld, waarvan 1 727 die afgelope 24 uur aangemeld is.
Nog 32 Covid-19-verwante sterftes is in dié tyd aangemeld. Dit bring die land se dodetal op 643 te staan.
Volgens Mkhize het 16 116 pasiënte in Suid-Afrika egter reeds van die virus herstel.
Meer as 20 000 Covid-19-toetse is die afgelope 24 uur uitgevoer. Suid-Afrika het tot op hede 701 883 toetse gedoen, waarvan 347 508 (50%) in die private sektor en 354 375 (50%) in die openbare sektor.
Verspreiding van Covid-19-sterftes volgens ouderdomsgroep:
Ouderdomsgroep | Getal sterftes |
0-9 | 2 (0,3%) |
10-19 | 2 (0,3%) |
20-29 | 4 (0,6%) |
30-39 | 39 (6%) |
40-49 | 70 (10,8%) |
50-59 | 160 (24,8%) |
60-69 | 169 (26,2%) |
70-79 | 124 (19,2%) |
80-89 | 59 (9,1%) |
90-99 | 14 (2,7%) |
Totaal | 643 (100%) |
Sterftes volgens geslag:
Manlik | Vroulik | Totaal |
338 | 305 | 643 |
Sterfte- en herstelsyfers volgens provinsie:
Provinsie | Sterftes | Herstel |
Oos-Kaap | 82 | 1 987 |
Vrystaat | 8 | 123 |
Gauteng | 31 | 2 035 |
KwaZulu-Natal | 52 | 1 180 |
Limpopo | 3 | 140 |
Mpumalanga | 0 | 67 |
Noordwes | 1 | 45 |
Noord-Kaap | 1 | 31 |
Wes-Kaap | 465 | 10 508 |
Totaal | 643 | 16 116 |



Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
12 Kommentare
Het dit nie tyd geword dat ons die Corona histerie nou begrawe en aangaan met ons lewens nie. Is daar nog nie genoeg redelike stemme van gerespekteerde kundiges wêreldwyd wat aantoon dat die reaksie op Corona buite verhouding tot die bedreiging is nie en dat die ekonomiese krisis wat geskep is waarskynlik veel meer lewens as die virus gaan eis nie. Nee wat ek is klaar met corona
Ek glo nie hulle syfers nie .
Wonder hoeveel van hierdie getalle is natuurlike oorsake en pagongelukke.
En hieveel is in die hospitaal? En hoeveel us op hul laaste. En hoeveel het inderliggende siektes. En hoeveel wat in die hospitaal is is dasr suiwer agv die virus? Glo nue ‘n woord wst hlle sê nie. Wil net die mense bang praat.
Bla bla bla.