Covid-19-statistieke: SA steek kerf van 30 000 sterftes verby

Paramedici besoek ‘n Covid-19-pasiënt in Lenasia in Gauteng. (Foto: Michele Spatari/AFP)

Suid-Afrika het nou reeds altesaam 30 011 Covid-19-verwante sterftes, het die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, Maandagaand bekend gemaak.

Dít nadat nog 434 sterftes bevestig is. Uit hierdie sterftes was 133 in die Oos-Kaap, twee in die Vrystaat, 36 in Gauteng, 71 in KwaZulu-Natal, sewe in Limpopo, 25 in Noordwes, drie in die Noord-Kaap en 157 in die Wes-Kaap.

Suid-Afrika se herstelkoers staan tans op 81,9% nadat 911 573 mense reeds van die virus herstel het. Tot dusver is 1 113 349 Covid-19-gevalle in Suid-Afrika bevestig.

Altesaam 12 601 gevalle is sedert die vorige verslag bevestig, ʼn positiwiteitskoers van 33,7% van diegene wat getoets word.

Meer as 6,7 miljoen toetse is reeds vir die virus gedoen, met 37 419 toetse wat sedert die vorige verslag gedoen is.

Suid-Afrika het tans 171 765 aktiewe gevalle van Covid-19.

  • Die berig is gewysig sedert dit aanvanklik gepubliseer is. – RED

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.