
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, en Alan Winde, premier van die Wes-Kaap. (Foto: Facebook)
Nog 44 mense het die afgelope 24 uur aan Covid-19 gesterf, wat die dodetal vir die afgelope twee maande op 952 te staan bring. “Hoewel die sterftes in Suid-Afrika toeneem, is ons sterftekoers van 2% heelwat laer as die globale gemiddeld van 6%,” het dr. Zweli Mkize, minister van gesondheid, Saterdag in ’n verklaring gesê.
Die meeste nuwe sterftes is weereens in die Wes-Kaap aangeteken (25). Gauteng het sewe sterftes aangeteken, en ses mense is onderskeidelik in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal oorlede. Die ouderdomsgroep wat tot dusver die meeste sterftes aangeteken het, is mense tussen die ouderdomme van 60 en 70 jaar (258 sterftes). Dit verteenwoordig 27% van die totale aantal sterftes. Nog ʼn kwart van sterftes (25%) wat aangeteken is, was pasiënte tussen die ouderdomme van 50 en 60 jaar.
Altesaam 2 539 gevalle van Covid-19 is sedert Donderdag aangeteken, wat beteken 45 973 Suid-Afrikaners het al die virus opgedoen. Tot dusver het 24 258 mense reeds herstel.
Suid-Afrika het ook sedert Donderdag 40 797 toetse vir Covid-19 uitgevoer; die meeste toetse wat tot dusver in een dag uitgevoer is. Die meeste hiervan (25 356) is in die openbare sektor uitgevoer.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
12 Kommentare
Sou jy ander siektes aftrek is ons die laagste in die wereld. Gewonder hoekon die anc nie die regte syfers deurgee nie
Ek vertrou geen politikus met die getalle nie. 3 dae terug sê die einste minister dat SA in die moelikheid is en steeds die storm trotseer. 2 weke terug sê hy die getalle gaan BAIE toeneem, en nou is SA skielik okay? Hulle gebruik die getalle ons te sê wat hulle gehoor wil hoor, of COVID 19 is die slimste virus nog ooit!!! Geagte minister ek wil ook graag weet hoeveel van jou getalle was/is rokers, en hulle prognose in vergelyking met nie rokers asb. Skuus, dis miskien te veel gevra. Kom ons vra net hoeveel van die sterftes was… Lees meer »
Ek glo absoluut niks wat die regering aan ons opdis nie. Daar word gerapporteer dat daar ‘n groot tekort aan toetse is, maar elke dag word daar net meer toetse gedoen……. laat mens wonder ! Alles is een groot kook spul !
Grootste bedrogspul wat die wereld se mense nog getref het . Dis die waarheid .
Ek glo niks van die uitslae. Baie mense is dood aan gewone hart aanval of winter long ontsteking maar elke sterfte nou word aan Covic-19 afgeskryf