Covid-19-statistieke: SA sterftes steek 50 000-kerf verby

Gesondheidswerkers by die Tembisa-hospitaal doen siftingstoetse vir Covid-19-simptome onder besoekers. (Foto: Guillem Sartorio/AFP)

Suid-Afrika se sterftesyfer weens Covid-19 het Maandagaand die 50 000-kerf verbygesteek, terwyl nuwe infeksies steeds daal.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê 84 nuwe sterftes is bevestig wat die algehele syfer op 50 077 sterftes te staan bring. Van die nuwe sterftes wat bevestig is, was twee in die Oos-Kaap, 19 in Gauteng, 36 in Noordwes, ses in die Noord-Kaap en 21 in die Wes-Kaap. Geen nuwe Covid-19-sterftes is in die Vrystaat, KwaZulu-Natal, Limpopo of Mpumalanga aangemeld nie.

Suid-Afrika het ook net 566 nuwe virusgevalle sedert die vorige verslag bevestig. Meer as nege miljoen toetse is tot dusver vir Covid-19 gedoen en 12 794 toetse is sedert Sondagaand afgehandel, het Mkhize gesê.

Daar is in hierdie stadium altesame 32 546 aktiewe gevalle van die virus.

Aktiewe gevalle:

  • KwaZulu-Natal: 9 628
  • Vrystaat: 6 520
  • Wes-Kaap: 6 143
  • Gauteng: 3 144
  • Noord-Kaap: 2 456
  • Noordwes: 2 345
  • Mpumalanga: 1 067
  • Limpopo: 879
  • Oos-Kaap: 364

Die land se herstelkoers weens Covid-19 staan tans steeds op 94,4% nadat 1 431 336 mense reeds van die virus herstel het.

Inentingsprogram

Volgens Mkhize is 73 047 gesondheidswerkers teen vroeg Maandagaand teen die virus ingeënt.

Die minister het gister ook weer benadruk dat Suid-Afrika mik om nagenoeg 1,1 miljoen mense teen die einde van Maart teen Covid-19 in te ent. Die tweede besending van die Johnson & Johnson-entstof het vroeër die week in die land aangekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hendrik ·

Ja nee hierdie is ‘n slegte griep jaar gewees. Die geniddelde syfer vir griep sterftes ‘n jaar is sowat 12000 sterftes per jaar. Nou weet ons ook nou nie hoeveel siektes die masker veroorssak het nie deurdat die kieme nie normaal die longe verlaat het nie. Die meeste steftes in die 1918 Spaanse grip was agv bolug infeksies.

Fritz ·

So na n jaar is daar slegs 0.086% van die bevolking dood. n Jaar gelede het regerings ons vertel dit gaan arme ou homo sapiens heeltemal uitwis. Toe nou nie.

Karel Kobus Kruger ·

50,000 a.g.v. covid of 50,000 met covid? Reuse verskil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.