Covid-19-statistieke: SA ‘tegnies in derde vlaag’

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het die derde vlaag van die dodelike Covid-19-pandemie “tegnies” Donderdagaand binnegegaan – en nog 9 149 nuwe koronavirusgevalle is bevestig.

Dít volgens die nasionale instituut vir oordraagbare siektes (NIOS) in die jongste bywerking van Covid-19-gevalle.

Die positiwiteitskoers staan tans op 15,7%.

Die amptelike aankondiging dat Suid-Afrika tans ʼn derde vlaag van die virus ondervind, is gegrond op ʼn definisie wat vroeër uiteengesit is deur die ministeriële advieskomitee. Daarvolgens word ʼn nuwe vlaag gedefinieer as wanneer die bewegende gemiddeld oor die vorige sewe dae die 30%-drempel van ʼn vorige vlaag bereik.

Die meeste nuwe gevalle is Donderdag in Gauteng (61%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (10%). Die Vrystaat en Noordwes was elk vir 6% van nuwe gevalle verantwoordelik.

ProvinsieNuwe gevalle teen 10 Junie 2021Algehele gevalle teen 10 Junie 2021Persentasie van totaal
Oos-Kaap235199 40011,6
Vrystaat521105 9326,2
Gauteng5 597489 71128,4
KwaZulu-Natal421342 29119,9
Limpopo18866 8323,9
Mpumalanga31384 8184,9
Noordwes58080 5694,7
Noord-Kaap36253 7903,1
Wes-Kaap932298 74317,3
Totaal9 1491 722 086100

Daar was in die voorafgaande 24 uur ʼn toename van 844 hospitaalopnames en 127 sterftes is in dieselfde tydperk in hospitale bevestig.

SektorGetal fasiliteiteAlgehele opnamesSterftesTans opgeneem
Privaat253130 90321 5224 844
Staat396150 59735 9522 456
Totaal649281 50057 4747 300

Tot dusver 1 722 086 laboratoriumtoetse vir Covid-19 gedoen.

Die jongste beskikbare syfer vir inentings wat in Suid-Afrika toegedien is, staan tans op 1 619 011.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Oom Kaspaas ·

Waar is die recoveries / Aktiewe gevalle vandag. Gelukkig oor 14 dae sal daar weer ten minste 9000 recoveries wees

Thom ·

Sosiale laksheid en die staat se onvermoë om enige taak behoorlik uit te voer stap hand aan hand in die swak beheer van Covid in ons land . Bekwame regerings soos die van Australië en NZ het hierdie goggatjie se stert baie vinnig geknoop .

Alet ·

Presies. Mens tel Covid in die hospitaal op. My broer is twee weke geled oorlede in die hospitaal (privaat) waar hy was vir amputasie agv gangrene in sy tone. Dag voor hy opgeneem is getoets vir Covid en was negatief. Na sy operasie in ICU vir 5 dae en daarna vir 5 dae in ortopediese saal. Dag voor hulle wou oorplaas rehab toe weer getoets vir Covid volgens rehab se vereistes. Volgende oggend is hy oorlede (hart) maar hy het wel positief getoets vir Covid?????

E ·

Ja en dink Australie en Nieu Zealand gaan net laaater hulle rieme styf loop. Jy kan mense net so lank in ‘n hok hou. En mense gaan dik raak vir al die reels. Wel darem kan hulle inentings doen, wat mos nou die goue koeel is.

Thom ·

Australie het steeds minder as 800 Covid-sterftes teenoor pns feitlik 57 , 000 . Net die balhoriges dink dat Covid ‘n foefie is . Ek kan teen huidige kostes inentings vir my familie bekostig maar nie begrafnisse nie .

Lood ·

Dis interessant dat die “derde vlaag” juis kom in die winter wanneer baie mense in elk geval griep of verkoue opdoen.

E ·

Never mind die histerie wat almal beetpak… hulle hoor net covid dan dood hulle al klaar.

Francois Le Cochon ·

Debby, ek dink nie die familie van die onderwyser van Laerskool De Tyger wat gister aan covid oorlede is, gaan saam met jou lag nie.

MakersMark ·

Regtig? Onthou jy die tweede golf was Nov 2020 tot Feb 2021 ? Sover ek onthou was dit somer. Kouer weer hou mense binnehuis waar risiko groter is maar om dit af te maak as verkoue en griep is snert.

Pietertjie ·

Klink my die covid gaan aanhou, soos die golwe van die see, sonder ‘n einde in sig: in elk geval nie teen die tempo waarteen our people ingeënt word nie. Hopelik sal natuurlike kudde-immuniteit manifesteer ten spyte van die inentings-pogings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.