Covid-19-statistieke: Sake staan nou só

‘n Voorbeeld van ‘n vinnige antigeentoets. (Foto: Pixabay)

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê nog 1 980 nuwe gevalle van die koronavirus is aangemeld, wat ’n positiwiteitskoers van 6,2% verteenwoordig.

Dié koers is hoër vergeleke met die vorige verslag (5,2%).

Nog 40 sterftes is intussen aangemeld, waarvan drie sterftes in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Die departement van gesondheid het gesê weens ’n voortgesette oudit kan daar ’n agterstand wees in die aantal sterftes wat aangemeld is.

Die land se sterftesyfer staan nou op 99 767, met minstens 3 698 803 mense in Suid-Afrika wat reeds Covid-19 opgedoen het.

Nog 46 Covid-19-pasiënte is in ’n hospitaal in Suid-Afrika opgeneem. Altesame 2 071 pasiënte word tans vir Covid-19 in hospitale behandel.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (39%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (25%) en KwaZulu-Natal (16%).

Daar is tans 14 743 aktiewe gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika en tot dusver het meer as 3,5 miljoen mense van die virus herstel.

Meer as 32,8 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

ProvinsieNuwe gevalle op 16 Maart 2022Totale gevalle tot en met 16 Maart 2022
Oos-Kaap82344 340
Vrystaat73201 766
Gauteng7641 201 790
KwaZulu-Natal317656 399
Limpopo38155 400
Mpumalanga102192 564
Noordwes82192 229
Noord-Kaap29108 685
Wes-Kaap493645 630
Totaal1 9803 698 803

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Henri ·

Ek het by ‘n vorige artikel kommentaar gelewer oor die koste verbonde aan die PCR toetse. Dis blêddie duur.

Data is ook baie misleidend as die protokols nie weergegee word nie. Die positiwiteitskoers het met 1% toegeneem van gister na vandag. Maar hoeveel toetse is gedoen? Waar? Op wie? Deur wie? Hoe akkuraat is die toetse? Teen watter temperatuur?

Dan word daar heeltyd verslag gedoen op die hospitaalopnames. Maar hoeveel is ontslaan? Na hoeveel dae gemiddeld in die hospitaal? Privaat hospitale of staatshospitale?

adriaan isak ·

Hoeveel is in hospitaal weens covid,en hoeveel met covid?

VaalDonkie ·

Selfs al aanvaar ons al 2000 is daar VIR covid, is dit maar so 3 per hospitaal. Ek sou dit nou nie ‘n nasionale ramp noem nie.

Hennie ·

Dit moet dan seker die begin van die vooraf gewaarskude “5de golf” wees wat oor ons gaan spoel.

joeline ·

en daarna die neverending golwe wat gaan kom . hierdie virus is soos die see.

Treurwilger ·

Wat my die heel bangste maak, is die astronomiese plastiekbesoedeling veroorsaak deur Covid-histerie.

Manie ·

Wanneer ons ‘n einde daaraan maak, die papskeppers gaan niks daaraan doen nie.

Suzette ·

Jy is reg. Ons gaan self n einde daaraan MOET maak. Daar is nie meer n ramp toestand nie. Lankal nie meer nie. Goeie gert julle. Alle sterftes is flippen covid. Natuurlike oorsake, selfdood, motor ongelukke selfs moord. Dis mags misbruik op sy ergste noem dit by die naam KOMMUNISME. Ek is nie bereid om verder n puppet te wees nie. My “string” het baie lankal terug gesnap

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.