Covid-19-statistieke: Skielike styging is weens antigeentoetse

‘n Voorbeeld van ‘n vinnige antigeentoets. (Foto: Pixabay)

Die uitslae van vinnige antigeentoetse sal voortaan by die Covid-19-statistieke gevoeg word wat deur die departement van gesondheid bekend gemaak word.

Alle positiewe Covid-19-gevalle is aanvanklik net met die polimerasekettingreaksie-toetse (PCR) getoets. Die vinnige antigeentoetse word egter volgens die departement al meer gebruik nadat dit deur die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad (Sahpra) goedgekeur is.

Hierdie toetse bied makliker toegang tot toetsing en lewer binne 15-20 minute na toetsing resultate, het die departement daarop gewys. Talle vervaardigers vervaardig nou hierdie toetse en gebruik dit vir toetsing in ooreenstemming met Sahpra se goedkeuring.

Foster Mohale, woordvoerder van die departement van gesondheid, het gesê daar is ongeveer 75 000 antigeentoetse geïdentifiseer wat in die databasis vasgelê moet word, waarvan minstens 20 813 van die toetse positief is.

“Dit is belangrik om daarop te let dat die terugwerkende inkorporering van hierdie positiewe gevalle in die data geen impak op gevallebestuur en opvolg sal hê nie aangesien die pasiënt onmiddellik van ’n positiewe toetsuitslag ingelig word.”

Soos die data by die Covid-19-statistieke bygewerk word, sal toenames in enkele dae gesien kan word, wat weer ’n verdraaiing van die sewe dae bewegende gemiddelde tot gevolg sal hê en dit sal tot ’n ongewone styging op die rapporteringskromme lei.

Só lyk jongste Covid-19-statistieke

(Argieffoto: GCIS)

Altesame 868 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld. Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is ’n totaal van 2 948 760 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 2,1%.

Volgens Nios kan die toename in kumulatiewe gevalle toegeskryf word aan die terugwerkende toevoeging van die positiewe antigeentoetse.

Die totale aktiewe gevalle is 20 601. Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 89 635 nadat nog 51 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 2 838 524 mense reeds van die virus herstel, ’n herstelkoers van 96,3%.

Suid-Afrika het tot dusver 19 244 585 toetse vir Covid-19 gedoen, 40 791 sedert die vorige verslag.

Meer as 24,8 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

Provinsie Nuwe gevalle Aktiewe gevalle
Oos-Kaap 26 495
Vrystaat 21 4 333
Gauteng 605 3 564
KwaZulu-Natal 31 4 422
Limpopo 23 1 843
Mpumalanga 47 1 247
Noordwes 43 3 256
Noord-Kaap 20 462
Wes-Kaap 52 979
Totaal 868 20 601

Sterftes en persone wat herstel het:

Provinsie Sterftes Herstel
Oos-Kaap 15 191 277 361
Vrystaat 7 072 153 944
Gauteng 19 660 908 493
KwaZulu-Natal 14 787 498 628
Limpopo 4 093 117 238
Mpumalanga 2 011 150 161
Noordwes 4 255 146 040
Noord-Kaap 2 375 90 346
Wes-Kaap 20 191 496 313
Totaal 89 635 2 838 524

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
Madeleine

Covid toetse is n klug. (en gevaarlik.. Verlaag jou natuurlike immune system)

OP een dag het n VRIEND dit getoets.
1 was pos
1 was neg
1 was not detected

OP een dag

EK glo die antigene toets is nie ver van dit nie.

Als om ons bang te hou vir n virus wat net soos common flu is. En net verkeerd behandel word in hospitale. ( Bly weg uit hospitale)

Oom Kaspaas

As ‘n Persoon antigeen toets gaan doen en dis positief en hy gaan dan vir ‘n PCR toets vir bevestiging en dit is ook positief, word altwee positiewes dan by die totaal getel ?

Oom Kaspaas

Jacob julle bly met Brittanje, maar as jy mooi gaan kyk hulle het dalk nuwe infeksies, maar hulle gesondheidsstelsel word glad nie onder druk geplaas nie, hulle het oor die 7milj meer gevalle as SA in totaal (9.93 milj vs 2.9Milj) maar hulle het net 54 000 meer sterftes as SA ….. HOEKOM ? Ek sê ook weer hulle sport stadions sit vol met 50 000 plus toeskouers, 81 623 op Twickenham vir die naweek se toets tussen SA en Engeland. So as dit so die hoogte inskiet waarom laat hulle dit nog toe, waarom nie weer die regulasies aanpas… Lees meer »

Pietertjie

Ek wonder hoe gaan die nuwe klomp positiewe toetse met die sterftesyfer korreleer.

Treurwilger

‘n Mens sidder by gedagte aan die tonne en tonne plastiek-besoedeling wat hierdie Covid-fiasko tot dusver opgelewer het. En die einde is nog nie in sig nie.
Inteendeel, die “roaring trade” vir die peperduur toetsing van toeriste moet nog op volle dreef kom, by vertrek en wéér by aankoms.
Wat is die sterfpersentasie van hierdie pandemie nou weer … gemeet aan ander terminale siektes en jaarlikse ernstige griep …