Covid-19-statistieke: Slegs 889 nuwe gevalle

Argieffoto (Foto: Jam Sta Rosa/AFP)

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios), het Sondagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 889 nuwe gevalle is aangemeld wat ʼn positiwiteitskoers van 5,4% verteenwoordig. Dit bring die totale gevalle op 3 704 218 te staan.

Nog 2 sterftes is sedert die vorige verslag aangemeld, waarvan 2 sterftes die afgelope 24 – 48 uur aangemeld is. Dit bring die dodetal op 99 881 te staan. Volgens Nios is daar steeds ʼn agterstand wat die aanmelding van Covid-19-sterftes betref weens die voortgesette oudit deur die departement van gesondheid.

Minstens 23 585 561 toetse is reeds gedoen.

Die meeste van die nuwe gevalle wat sedert die vorige verslag aangemeld is, is van Gauteng (39%), gevolg deur die Wes-Kaap (28%). KwaZulu-Natal verteenwoordig 18%, Mpumalanga en Noordwes elk 4%, die Oos-Kaap en Vrystaat elk 2% en Limpopo en die Noord-Kaap elk 1%.

Sedert die vorige verslag was daar ʼn toename van 12 hospitaal-opnames. Daar is tans 2 028 Covid-19-pasiënte in 666 staat- en privaat hospitale.

Altesaam 3 589 451 persone (96,9%) het reeds herstel.

Altesaam 33 014 381 dosisse entstof is reeds toegedien.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieNuwe gevalleGevalle
Oos-Kaap17344496
Vrystaat18201942
Gauteng3491203737
KwaZulu-Natal162657437
Limpopo5155506
Mpumalanga39192781
Noordwes39192431
Noord-Kaap8108757
Wes-Kaap252647131
Totaal8893704218

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap16567327435494344496
Vrystaat76231929981321201942
Gauteng20609117852046081203737
KwaZulu-Natal160336377993605657437
Limpopo4574150769163155506
Mpumalanga4705187654422192781
Noordwes47111866711049192431
Noord-Kaap32151029012641108757
Wes-Kaap21844624704583647131
Totaal998813589451148863704218

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.