Covid-19-statistieke: Só lyk aantal nuwe gevalle, inentings

(Foto: Jean-Christophe Verhaegen/AFP)

Suid-Afrika het nou meer as 1 509 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 1 676 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Donderdagaand bevestig dat 1 509 124 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 49 667 nadat nog 144 sterftes aangemeld is: sewe in die Oos-Kaap, 25 in die Vrystaat, 14 in Gauteng, 10 in KwaZulu-Natal, 22 in Limpopo, 10 in Mpumalanga, 41 in Noordwes, twee in die Noord-Kaap en 13 in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 1 424 401 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 94%.

Suid-Afrika het tot dusver 8 999 322 toetse vir Covid-19 gedoen, 31 862 sedert die vorige verslag.

Meer as 52 000 gesondheidsorgwerkers is reeds teen 18:00 Donderdag teen Covid-19 ingeënt.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap193 81512,8%
Vrystaat79 7875,3%
Gauteng403 52826,7%
KwaZulu-Natal328 12221,7%
Limpopo61 7814,1%
Mpumalanga70 6624,7%
Noordwes60 6314%
Noord-Kaap33 7922,2%
Wes-Kaap277 00618,4%
Totaal1 509 124100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 276182 152387
Vrystaat3 22069 9496 618
Gauteng9 561389 7554 212
KwaZulu-Natal9 549309 1139 460
Limpopo1 86258 8421 077
Mpumalanga1 25168 0211 390
Noordwes1 16756 2603 204
Noord-Kaap66630 7932 333
Wes-Kaap11 115259 5166 375
Totaal49 6671 424 40135 056

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Drico ·

Ok, so wanneer word lockdown nou finaal vaarwel geroep? Hoekom is ons nogsteeds op vlak 3? Dis n patetiese regering wat ons het, uiters pateties!!

Francois Le Cochon ·

Renata, lankal gelede is die reel gemaak dat inperkings wereldwyd sal geld tot en met daar wereldwyd geen nuwe gevalle binne ‘n twee weke tydperk is nie. Ons is nog baie ver van daar. Wees bly jy bly nie in Engeland nie. Hul nie noodsaaklike besighede gaan eers op 12 April mag oopmaak, en daar is nie eers ‘n ANC regering nie.

Anti-Verkramp ·

Daar is nie veel verskil tussen die vlak-3 wat ons nou het en toe ons onder vlak-1 was nie. Ek verwag dat die aandklokreel eersdaags opgehef gaan word. Daar sal ‘n mate van inperking wees totdat die pandemie heeltemal onder beheer is. Nog vir maande wees, dink ek. Regering is op die regte pad wat die virus aanbetref, doen wat nodig is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.