Covid-19-statistieke: Só lyk aktiewe gevalle

Argieffoto bloot ter illustrasie (Foto: Ronny Hartmann / AFP)

Altesaam 1 536 801 mense in Suid-Afrika het nou reeds Covid-19 opgedoen nadat nog 1 378 pasiënte in die afgelope siklus van 24 uur positief getoets het.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Saterdagaand in sy gebruiklike verklaring gesê nog 47 pasiënte het intussen weens Covid-19 gesterf. Dié sterftes is onderskeidelik in die Oos-Kaap (2), Vrystaat (3), Gauteng (9), KwaZulu-Natal (21), Mpumalanga (9) en die Wes-Kaap (3) aangemeld.

Dít bring die land se dodetal op 52 082 te staan.

Volgens Mkhize het 1 462 110 pasiënte in Suid-Afrika egter reeds aan die koronavirus herstel, met ʼn herstelkoers van 95%.  Suid-Afrika het tans 22 609 aktiewe gevalle van die virus waarvan die meeste in KwaZulu-Natal (6 352).

Nog 26 339 toetse is intussen uitgevoer. Die land het nou reeds 9 611 262 toetse sedert die uitbreek van die virus gedoen. Die meeste van die toetse is in die privaat sektor uitgevoer.

Die minister het verder gesê nog 70 000 dosisse van Johnson & Johnson se entstof het Saterdag in Suid-Afrika aangekom. Die dosisse word die naweek na verskeie provinsies versprei.

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 339183 136392
Vrystaat3 56176 8561 674
Gauteng10 128398 3112 694
KwaZulu-Natal10 051316 4096 352
Limpopo2 08360 102693
Mpumalanga1 33171 3441 020
Noordwes1 38859 0552 334
Noord-Kaap79432 1732 487
Wes-Kaap11 407264 7244 963
Totaal52 0821 462 11022 609

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jaco ·

Is daar regtig mense wat hulle nou nog vrywillig vir corona laat toets? Deel van die toets is ‘n ding wat in die neus opgedruk word. Pynlike proses. Ek weier om te glo dat so baie mense vrywillig hulle op só ‘n pynlike manier laat toets. Dié nuwe Corona syfers elke dag is gekook. Dit word net gebruik as rookskerm om ander beheer oor en onderdrukking van die samelewing toe te pas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.