Covid-19-statistieke: Só lyk aktiewe gevalle

(Argieffoto: Ronny Hartmann/AFP)

Altesaam 1 696 564 mense in Suid-Afrika het nou reeds Covid-19 opgedoen nadat nog 5 074 pasiënte in die laaste siklus van 24 uur positief getoets het.

Die departement van gesondheid het Sondagaand in ’n verklaring gesê nog 45 sterftes is intussen aangemeld. Dié nuwe sterftes is onderskeidelik in die Vrystaat (16), Gauteng (7), KwaZulu-Natal (1), Noord-Kaap (15) en die Wes-Kaap (6) aangemeld.

Geen sterftes is in die Oos-Kaap, Limpopo, Mpumalanga en Noordwes aangemeld nie.

Dít bring die land se dodetal op 56 974 te staan.

Luidens die verklaring het 1 578 033 pasiënte in Suid-Afrika egter reeds van die koronavirus herstel, met ʼn herstelkoers van 93%.

Die land het tans 61 557 aktiewe Covid-19-gevalle.

Nog 35 821 toetse is intussen uitgevoer. Die land het nou reeds 11 876 594 toetse sedert die uitbreking van die virus gedoen. Die meeste van die toetse is in die privaatsektor uitgevoer.

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 672185 8801 143
Vrystaat4 45290 5029 119
Gauteng11 411441 00822 065
KwaZulu-Natal10 534325 2955 194
Limpopo2 47262 7031 111
Mpumalanga1 45980 5961 878
Noordwes1 94969 6937 194
Noord-Kaap1 16242 4219 249
Wes-Kaap11 863279 9354 604
Totaal56 9741 578 03361 557

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dirk Mostert ·

Baie infeksies maar min sterftes. Laat mens wonder oor die positiewe uitslae.

Dries ·

Ja Dirk en ek sit nog n vraagteken oor daai sterfte syfer ook.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.