Covid-19-statistieke: Só lyk aktiewe gevalle   

‘n Vrou laat doen ‘n Covid-19-toets by die OR Tambo-lughawe. (Foto: Phill Magakoe/AFP)

Altesame 1 752 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is ʼn totaal van 3 623 962 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 8%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (34%) en KwaZulu-Natal (17%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (15%). Die totale aktiewe gevalle is 47 878.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 95 835 nadat nog 18 sterftes aangemeld is waarvan agt in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Die departement van gesondheid het gesê weens ʼn voortgesette oudit wat aan die gang is, kan daar ʼn agterstand wees in die aantal sterftes wat aangemeld is.

Tot dusver het 3 480 249 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 96%.

Suid-Afrika het tot dusver 22 464 999 toetse vir Covid-19 gedoen, 21 800 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 20 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 4 696 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 30,1 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap601 112
Vrystaat963 984
Gauteng6048 702
KwaZulu-Natal29116 327
Limpopo961 934
Mpumalanga1562 387
Noordwes1433 818
Noord-Kaap436 495
Wes-Kaap2633 119
Totaal1 75247 878

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap16 353324 152
Vrystaat7 436186 536
Gauteng20 4871 145 103
KwaZulu-Natal15 866612 862
Limpopo4 329146 093
Mpumalanga2 813181 702
Noordwes4 475179 153
Noord-Kaap2 52098 368
Wes-Kaap21 556606 280
Totaal95 8353 480 249

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
VaalDonkie

Mooi. Ek is dankbaar dat minder mense nou daagliks sterf of eers in hospitale hoef opgeneem te word. Ek hoop hierdie oudit kry ook sommer nou einde want ek sien op Google se statistieke dat oor die 200 steftes aangemeld is, maar eintlik is dit net iets in die 20 vir daar dag gewees. Dis uiters misleidend.

Deon

Hoe kan mens enigsins die data glo as daar stellings is soos 18 sterftes met 8 die afgelope 24 uur? Hulle hou duidelik nie ordentlik rekord nie.

Marius

Die opvoering sleur voort…