Covid-19-statistieke: Só lyk aktiewe gevalle

Argieffoto bloot ter illustrasie (Foto: Verskaf)

Altesame 801 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is ’n totaal van 3 685 120 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 5,5%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (32%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (20%) en KwaZulu-Natal (15%). Die totale aktiewe gevalle is 21 020.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 99 609 nadat nog 62 sterftes aangemeld is, waarvan ses sterftes in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Die departement van gesondheid het gesê weens ’n voortgesette oudit kan daar ’n agterstand wees in die aantal sterftes wat aangemeld is.

Tot dusver het 3 564 491 mense reeds van die virus herstel, ’n herstelkoers van 96,7%.

Suid-Afrika het tot dusver 23 259 839 toetse vir Covid-19 gedoen, 14 466 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 28 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 2 482 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 32,1 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap49487
Vrystaat272 190
Gauteng2555 072
KwaZulu-Natal1245 458
Limpopo26229
Mpumalanga631 322
Noordwes901 031
Noord-Kaap104 418
Wes-Kaap157813
Totaal80121 020

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap16 521326 820
Vrystaat7 593191 420
Gauteng20 5861 171 188
KwaZulu-Natal16 015632 596
Limpopo4 542150 151
Mpumalanga4 687185 889
Noordwes4 699185 833
Noord-Kaap3 212100 480
Wes-Kaap21 754619 743
Totaal99 6093 564 120

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Adriaan ·

The Surgeon General of Florida, Dr. Joseph Ladapo, announces that Florida will become the first state to officially recommend AGAINST the Covid-19 vaccines for healthy children.

Henri ·

“Suid-Afrika het tot dusver 23 259 839 toetse vir Covid-19 gedoen”. As dit alles PCR toetse is, kom dit neer op net oor die R16,5miljard in PCR toetse teen R710 per toets, wat dit my gekos het.

Verbysterend.

VaalDonkie ·

Piet en MakersMark sal bly wees om te hoor ek het gister begin simptome wys, maar is vanoggend alweer gesond. Want ek het mos boere-immuniteit opgedoen met Delta laasjaar.

Martie ·

Die statistieke lyk regtig belowend! Mag dit asb die begin en die einde wees.

Ben ·

Kan iemand my verduidelik. Hoe werk die statistiek aangaande die sterftes. 62 sterftes aangemeld. Maar net 6 in die laaste 24 uur. Hoe werk dit.

Pietertjie ·

Wat gaan ons maak as die positiwiteitskoers 0,0% word?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.