Covid-19-statistieke: Só lyk aktiewe gevalle

(Foto: pixabay)

Suid-Afrika se Covid-19-syfer het teen Maandagaand op 663 282 gestaan nadat nog 1 346 nuwe gevalle aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het gesê nog 126 sterftes is bevestig. Hiervan was vyf in die Oos-Kaap, 54 in KwaZulu-Natal, 45 in Gauteng, vyf in Noordwes en 17 in die Wes-Kaap.

Dit bring die land se sterftesyfer op 16 118 te staan.

Altesaam 592 904 mense het reeds van die virus herstel en die herstelkoers staan in hierdie stadium op 89,4%.

Só lyk die aktiewe gevalle:

Oos-Kaap:           1 127

Vrystaat:             14 495

Gauteng:             19 974

KwaZulu-Natal:  6 702

Limpopo:            659

Mpumalanga:    835

Noordwes:         3 889

Noord-Kaap:      3 367

Wes-Kaap:          3 212

Altesaam 16 394 toetse is sedert die vorige verslag gedoen en tot dusver is ʼn algehele 4 064 117 toetse vir die virus gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.