Covid-19-statistieke: Só lyk aktiewe gevalle

(Foto: Virginia Mayo/AP)

Suid-Afrika het nou meer as 674 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 1 767 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdagaand bevestig dat 674 339 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 16 734 nadat nog 67 sterftes aangemeld is: drie in die Oos-Kaap, 37 in KwaZulu-Natal, 11 in Gauteng, nege in die Wes-Kaap en sewe in die Vrystaat.

Tot dusver het 608 112 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 90%.

Suid-Afrika het tot dusver 4 187 917 toetse vir Covid-19 gedoen, 23 426 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap89 20413,2%
Vrystaat46 9477%
Gauteng219 70432,6%
KwaZulu-Natal119 07217,7%
Limpopo15 4272,3%
Mpumalanga27 2674%
Noordwes29 3184,3%
Noord-Kaap16 6612,5%
Wes-Kaap110 73916,4%
Totaal674 339100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap3 12484 5741 506
Vrystaat1 02833 01712 902
Gauteng4 244196 16919 291
KwaZulu-Natal2 675110 4995 898
Limpopo39114 342694
Mpumalanga52026 019728
Noordwes36326 3842 571
Noord-Kaap20713 4962 958
Wes-Kaap4 182103 6122 945
Totaal16 734608 11249 493

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.