Covid-19-statistieke: Só lyk aktiewe gevalle

(Argieffoto: pixabay)

Suid-Afrika het nou meer as 694 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 1 178 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Dinsdagaand bevestig dat 694 537 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 18 028 nadat nog 165 sterftes aangemeld is: 31 in die Oos-Kaap, 28 in die Vrystaat, 50 in KwaZulu-Natal, 31 in Gauteng, vyf in Limpopo, vier in Mpumalanga, vyf in die Noord-Kaap en 11 in die Wes-Kaap.

“Van die 165 sterftes aangemeld het 18 in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind: drie in die Oos-Kaap, een in Mpumalanga, twee in Gauteng, twee in die Noord-Kaap en 10 in die Wes-Kaap.”

Tot dusver het 625 574 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 90%.

Suid-Afrika het tot dusver 4 433 952 toetse vir Covid-19 gedoen, 15 534 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap91 04913,1%
Vrystaat51 4397,4%
Gauteng223 43632,2%
KwaZulu-Natal120 56617,4%
Limpopo16 3842,4%
Mpumalanga28 2864,1%
Noordwes31 0134,5%
Noord-Kaap19 2652,8%
Wes-Kaap113 09916,3%
Totaal694 537100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap3 33186 4001 318
Vrystaat1 23735 53714 665
Gauteng4 492199 35219 592
KwaZulu-Natal3 056111 8315 679
Limpopo43015 326628
Mpumalanga58927 040657
Noordwes38528 3852 243
Noord-Kaap23716 3562 672
Wes-Kaap4 271105 3473 481
Totaal18 028625 57450 935

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Die Wolf ·

Kan die Oos- Kaap se motorfiets ambulanse voorbly,of is hulle alreeds iemand se private voertuig?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.