Covid-19-statistieke: Só lyk aktiewe gevalle

(Foto: Denis Balibouse/Keystone via AP)

Suid-Afrika het nou meer as 716 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 891 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Maandagaand bevestig dat 716 759 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 19 008 nadat nog 40 sterftes aangemeld is: agt in die Oos-Kaap, vier in Gauteng, een in KwaZulu-Natal, vier in Mpumalanga, 16 in Noordwes en sewe in die Wes-Kaap.

“Van die 40 sterftes aangemeld het 10 in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind: twee in die Oos-Kaap, vier in Gauteng, een in KwaZulu-Natal en drie in die Wes-Kaap.”

Tot dusver het 646 721 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 90%.

Suid-Afrika het tot dusver 4 709 403 toetse vir Covid-19 gedoen, 11 464 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap94 18213,1%
Vrystaat55 8437,8%
Gauteng227 34031,7%
KwaZulu-Natal122 34217,1%
Limpopo17 2342,4%
Mpumalanga29 3844,1%
Noordwes32 7594,6%
Noord-Kaap21 4333%
Wes-Kaap116 24216,2%
Totaal716 759100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap3 56088 4372 185
Vrystaat1 47840 99113 347
Gauteng4 707206 75015 883
KwaZulu-Natal3 192112 4686 682
Limpopo45116 218565
Mpumalanga59828 161625
Noordwes43428 8043 521
Noord-Kaap25617 5043 673
Wes-Kaap4 332107 3884 522
Totaal19 008646 72151 030

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Kokerboom

Ek wens Dr Mkhize wil met dieselfde ywer en toewydind aandag gee aan die haglike toestand van sy staatshospitale en klinieke landswyd.

gehasie

Pandemie word bepaal deur sterftes! Herstel is hoër as 90% en desnieteenstaande jaag hulle om n sg. teen middel te bekom. C-19 gaan nie oor jou gesondheid nie maar het n negatiewe ekonomiese inpak en inperking van vryheid ten doel. Vir 26 jaar is daar weinig wat die ANC kon wys behalwe plundering, tog is daar mense wat naïef glo dat C-19 statestieke is bo verdenking en dat C-19 werklik n pandemie is. Gaan kyk gerus na die Suid Dekota staat waar Goewerneur Noem aan bewind is en die C-19 weinig inpak op die ekonomie en of gesondheid het. Is… Lees meer »

Dirk Mostert

Die werklike herstelkoers is 646,721/(646,721+19,008)=97.1%
Progressiewe infeksies/progressiewe toetse (sedert Maart) = 15.22%
Nuwe infeksies/nuwe toetse = 7.78%. Daar is ‘n onteenseglike daling in infeksies, nie ‘n opbou na Golf 2 nie. Die grafieke in die artikel wys ook duidelik dat Suid-Afrika reeds maande gelede oor die piek is.