Covid-19-statistieke: Só lyk aktiewe gevalle

(Argieffoto)

Suid-Afrika het nou meer as 814 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 4 116 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Sondagaand bevestig dat 814 565 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 22 206 nadat nog 139 sterftes aangemeld is: 124 in die Oos-Kaap, een in Gauteng en 14 in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 744 780 mense reeds van die virus herstel.

Suid-Afrika het tot dusver 5 592 663 toetse vir Covid-19 gedoen, 26 735 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap136 77216,8%
Vrystaat59 3517,3%
Gauteng237 71929,2%
KwaZulu-Natal131 35016,1%
Limpopo18 8362,3%
Mpumalanga31 7373,9%
Noordwes35 0934,3%
Noord-Kaap23 4502,9%
Wes-Kaap140 25717,2%
Totaal814 565100%

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap4 978122 0789 716
Vrystaat1 98651 7395 626
Gauteng5 040229 0413 638
KwaZulu-Natal3 388118 8779 085
Limpopo51217 890434
Mpumalanga61730 575545
Noordwes56633 764763
Noord-Kaap32520 8212 304
Wes-Kaap4 794119 99515 468
Totaal22 206744 78047 579

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

BOKKIEBEK ·

En so word die herstelkoers se persentasie wat laas op 94% was, nie meer genoem nie, en as jy die syfers van mekaar aftrek is daar maar 69 785 AKTIEWE gevalle, uit ‘n nasie van 50 000 000…Daar sterf daagkliks meer mense aan kanker, TB, Vigs, Malaria en ander verwante siektes….WORD WAKKER!!!!

Wilhelm ·

Heeltemal reg, en eintlik ‘n nasie van 58 miljoen, en aktiewe gevalle van 47 500, of dan nou 22000 sterftes vir ‘n nasie van 58 miljoen. Elke jaar gaan 50 to 60 duisend mense dood aan TB. In die feestyd alleen, 1500+ mense dood op die paaie. Om te leef is ‘n risiko. Nou skielik laat ons die staat toe om vir ons te besluit of ons mag strand toe gaan of nie! Wat se nonsens is dit?

Francois Le Cochon ·

Moenie die woord “herstel” ligtelik opneem nie. Dit moet eintlik “oorleef” wees. Iemand wat in ‘n motorongeluk was, verskeie beenbreuke en diep wonde opgedoen het, en weke lank in ‘n hospitaal le^, en ‘n paar keer by die dood omdraai, kan ook herstel. Dit beteken egter nie dat die ongeluk nie ernstig was nie. Die meeste mense besef eers die erns van covid wanneer hulle self, of iemand wat hul ken dit opdoen. Lees my kommentaar onder ” martriek rage” berig.

Alleen Wolf ·

Ek en my vrou het beide Covid gehad, sy het dit by haar werkplek weens swak organisasie opgedoen en huis toe gebring, ja dis soos erge griep maar mense sterf ook weens die gewone jaatlikse griep en niemand maak so ‘n bohaai nie

BOKKIEBEK ·

So het ek ook ‘n vriend gehad met “mild” simptome, hy was fine… Ek se ook nie dis nie daar nie en dis nie erg nie, maar ek dink hulle maak HEEEEELTEMAL te veel van ‘n bohaai. Die parlement het gesien hulle kan ons beheer, en nou is dit hulle enigeste doel.

Jakes ·

Ek bevraagteken die Covid syfers ten sterkste, die afgelope 9 maande weet ek van geen persoon wat ek ken, wat Covid onderlede gehad het nie. Hoekom maak die agbare minister nie bekend hoeveel sterftes daar was van mense wat aan ander siektes dood is nie?

Dirk Mostert ·

Die PCR-toets onderskei nie tussen onaktiewe (skadelose) virusse en reproduktiewe (skadelike) virusse nie en is dus ‘n vals toets. Duitse prokureurs onder leiding van Dr. Reiner Fuellmich berei nou klas-aksie hofsake/prosedures voor in die VSA en Kanada teen die aanstigters (individue en instansies) en meedoeners (regerings en media) van wat hy verklaar as ‘n vals pandemie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.