Covid-19-statistieke: Só lyk aktiewe gevalle

(Foto: Virginia Mayo/AP)

Suid-Afrika het nou meer as 930 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 8 789 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Maandagaand bevestig dat 930 711 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 24 907 nadat nog 216 sterftes aangemeld is: 97 in die Oos-Kaap, vier in die Vrystaat, 16 in Gauteng, 15 in KwaZulu-Natal en 84 in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 796 346 mense reeds van die virus herstel.

Suid-Afrika het tot dusver 6 176 683 toetse vir Covid-19 gedoen, 35 844 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap159 76717,2%
Vrystaat60 5366,5%
Gauteng258 20227,7%
KwaZulu-Natal160 26117,2%
Limpopo20 3542,2%
Mpumalanga33 3353,6%
Noordwes36 8014%
Noord-Kaap24 2502,6%
Wes-Kaap177 20519%
Totaal930 711100%

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap6 252139 26414 251
Vrystaat2 13153 9474 458
Gauteng5 196237 74115 265
KwaZulu-Natal3 658124 62031 983
Limpopo52618 6351 193
Mpumalanga62431 5971 114
Noordwes57134 1162 114
Noord-Kaap37221 8592 019
Wes-Kaap5 577134 56737 061
Totaal24 907796 346109 458

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.