Covid-19-statistieke: Só lyk aktiewe gevalle

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het nou meer as 1 466 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 3 751 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Donderdagaand bevestig dat 1 466 767 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 45 605 nadat nog 261 sterftes aangemeld is: 44 in die Oos-Kaap, 12 in die Vrystaat, 53 in Gauteng, 56 in KwaZulu-Natal, 11 in Limpopo, 42 in Noordwes, twee in die Noord-Kaap en 41 in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 1 327 186 mense reeds van die virus herstel, dit is ’n herstelkoers van 90,5%.

Suid-Afrika het tot dusver 8 400 319 toetse vir Covid-19 gedoen, 31 032 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap192 46713,1%
Vrystaat76 9975,2%
Gauteng391 79826,7%
KwaZulu-Natal318 79721,7%
Limpopo58 9584%
Mpumalanga66 3504,5%
Noordwes57 9113,9%
Noord-Kaap32 3022,2%
Wes-Kaap271 18718,5%
Totaal1 466 767100%

Sterftes en gevalle wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap10 871178 9492 647
Vrystaat2 78665 4408 771
Gauteng8 490374 1939 115
KwaZulu-Natal8 925267 85642 016
Limpopo1 42254 0113 525
Mpumalanga1 01861 5463 786
Noordwes1 00848 9607 943
Noord-Kaap59728 1633 542
Wes-Kaap10 488248 06812 631
Totaal45 6051 327 18693 976

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Jaco ·

Laas toe die herstelkoers digby 90% was, in Oktober en November 2020, kon kerke op 50% kapasiteit oop wees. Nou mag net 50 mense gaan. Iets maak nie sin nie.

Casper ·

Dit blyk dat die 2 de pandemie sy piek bereid het en besig is om af te plat.Dit is ook verblydend on te sien dat sterfgevalle groot afnames toon.Daar is dus ‘n afplatting solank mense die regulasies nakom.

Die Wolf ·

Ons moet maar hoop dat vergrype aan alkohol onder die populasie nie weer alles gaan omkeer nie.

Lindsay ·

Dus goed en wel maar waar is die uitslae van daai 8miljoen+ toetse wat alreeds gedoen is?

Dirk Mostert ·

Nie “af te plat ” nie maar aan die daal soos oral in die wereld. Toevallig is die piek oral bereik binne dae van Biden se aanwysing deur die kieskollege.

Francois Le Cochon ·

Veronica, jy hoof nie die statistieke te vertrou nie, dit is nie belangrik nie. Om by die regulasies te hou is meer belangrik, en sal meer bydra tot vermindering van die verspreiding van die virus.

Vonkprop ·

Statistieke is baie belangrik solank dit van ‘n betroubare bron kom en die regering is nie betroubaar nie. Jy kan nie beplanning doen sonder statistieke nie en ja die syfers kom van labrotoriums en ander bronne af maar dit moet deur die regering gaan en hulle kan met dit maak net wat hulle wil.

Anti-Verkramp ·

Regering het oor die algemeen goed gedoen met die regulasies. Ek dink nie daar is veel rede om te kla nie. Strenger inperkings is ingestel toe dit nodig was. Kon erger gewees het.

Thom ·

Toemaar ___ doen maar net wat jy moet doen en jy mag maar glo dat die virus ‘n foefie is / was , spesiaal net om vir trompie te benadeel .

Anti-Verkramp ·

Trompie het eers wakker geskrik toe hyself die virus kry. Toe drop die pennie. Ai, die karma darem. Ironies en amusant.

Dirk Mostert ·

Interessant dat in die VSA griep sedert April van die toneel af verdwyn het. In die VK was totale sterftes die afgelope jaar normaal ivm ander jare.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.