Covid-19-statistieke: Só lyk aktiewe gevalle, herstelkoers

‘n Persoon word getoets vir Covid-19. (Foto: AP Photo/Brian Inganga)

Suid-Afrika het nou meer as 744 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 2 338 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Donderdagaand bevestig dat 744 732 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 20 076 nadat nog 65 sterftes aangemeld is: 37 in die Oos-Kaap, 18 in die Vrystaat, een in Gauteng, een in KwaZulu-Natal en agt in die Wes-Kaap.

“Van die 65 sterftes aangemeld, het 17 in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind: agt in die Oos-Kaap, drie in die Vrystaat, een in KwaZulu-Natal en vyf in die Wes-Kaap.”

Tot dusver het 690 903 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 92,7%.

Suid-Afrika het tot dusver 5 063 457 toetse vir Covid-19 gedoen, 25 675 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap105 26714,1%
Vrystaat58 2177,8%
Gauteng231 07431%
KwaZulu-Natal124 45316,7%
Limpopo18 0632,4%
Mpumalanga30 5204,1%
Noordwes34 1314,6%
Noord-Kaap22 5753%
Wes-Kaap120 43216,2%
Totaal744 732100%

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap3 97194 7996 497
Vrystaat1 63647 2849 297
Gauteng4 873224 8171 384
KwaZulu-Natal3 269116 1874 997
Limpopo47617 074513
Mpumalanga61029 312598
Noordwes51031 6711 950
Noord-Kaap30118 6723 602
Wes-Kaap4 430111 0874 915
Totaal20 076690 90333 753

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dis my mening ·

Die regering dink seker ons is erg dom! Eweskielik na rama se praatjie, nou begin die gevalle weer styg. Die rokie trek.

Hennie ·

As ‘n mens alles glo wat die hoofstroom media skryf dan kan jy seker ook glo aan ‘n kersvader en ‘n tandmuis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.