Covid-19-statistieke: Só lyk aktiewe gevalle, herstelkoers

(Foto: Brian Inganga/AP)

Suid-Afrika het nou meer as 734 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 1 761 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Vrydagaand bevestig dat 734 175 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 19 749 nadat nog 72 sterftes aangemeld is: 25 in die Oos-Kaap, sewe in Gauteng, nege in die Vrystaat, agt in KwaZulu-Natal, 16 in Limpopo, drie in die Noord-Kaap en vier in die Wes-Kaap.

“Van die 72 sterftes aangemeld het sewe in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind: een in die Vrystaat, drie in Gauteng, twee in KwaZulu-Natal en een in die Noord-Kaap.

Tot dusver het 675 593 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 92%.

Suid-Afrika het tot dusver 4 940 719 toetse vir Covid-19 gedoen, 23 094 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap100 06413,6%
Vrystaat57 7247,9%
Gauteng229 95431,3%
KwaZulu-Natal123 73716,9%
Limpopo17 8432,4%
Mpumalanga30 1574,1%
Noordwes33 7784,6%
Noord-Kaap22 2843%
Wes-Kaap118 63416,2%
Totaal734 175100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap3 83892 1264 100
Vrystaat1 55745 12811 039
Gauteng4 859219 2685 827
KwaZulu-Natal3 249115 2265 262
Limpopo47616 884484
Mpumalanga60728 947603
Noordwes47529 6523 650
Noord-Kaap29518 3873 602
Wes-Kaap4 393109 9754 266
Totaal19 749675 59338 833

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gert Johannes ·

Die % van profinsiale statistiek is netso skeef getrek soos die aantal gevalle, Hulle moet dit per populasie aantoon en nie per C-19 gevalle nie en dan dan lieg hulle ook oor die aantal gevalle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.