Covid-19-statistieke: Só lyk aktiewe gevalle per provinsie

(Argieffoto: Unsplash)

Altesame 591 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is altesame 2 917 846 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 1,7%.

Die meeste nuwe gevalle is in KwaZulu-Natal (22%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (21%) en Vrystaat en Gauteng (albei 12%). Die algehele aktiewe gevalle is 19 854.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 88 754 nadat nog 80 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 2 809 238 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 96,3%.

Suid-Afrika het tot dusver 18 251 789 toetse vir Covid-19 gedoen, 34 177 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 46 hospitaalopnames. Daar is tans altesame 4 777 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 20,7 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap56549
Vrystaat682 798
Gauteng71854
KwaZulu-Natal1296 371
Limpopo71 120
Mpumalanga32347
Noordwes531 142
Noord-Kaap511 722
Wes-Kaap1244 951
Totaal59119 854

Sterftes en gevalle wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap15 078276 435
Vrystaat6 920153 241
Gauteng19 496898 352
KwaZulu-Natal14 733493 750
Limpopo4 032116 991
Mpumalanga1 994149 337
Noordwes4 193145 041
Noord-Kaap2 23788 135
Wes-Kaap20 071487 956
Totaal88 7542 809 238

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

32 Kommentare

jongste oudste gewildste
Madeleine

Pasop vd toetse.
Lees op daaroor.
Nie goed vir immune system om dit gereeld te laat doen nie.

annie

Wie is kinders en wie tieners? Skielik is 18-jariges weer kinders. Kan die kinders van 12 nou ook stem aangesien hul self kan besluit of hul entstof wil ontvang of nie? En sou hul siek word van die entstof sal hul self die mediese rekeninge betaal vir mediese behandeling of sal die staat so gaaf wees om pa te staan vir sy kordate besluit? Watter tipe entstof gaan aangebied word of hoop ‘pa’ dat sy ‘kinders’ alles vir soetkoek sal opeet. Die eindeksamens lê voor. As die kinders te olik voel, sal ‘pa’ seker ‘n sieknota skryf vir uitstel tot… Lees meer »

Erik

Meer as 6000 kinders al ingeënt – dis wonderlik dat nog lewens gered kan word. Die Here voorsien en gee uitkoms.

Ietsanders

Net sodra mens dink die syfers begin nou daal, die einde is in sig, dan begin die getalle weer klim. Sal dit dan nooit ophou nie!! Dis so ‘n onnatuurlike situasie, al die mense met die maskers op en dan is dit blykbaar ook nie so veilig nie. Slegs die medici wat direk met siekes te doen het, kry die maskers wat kieme 95% uithou. Ons seun het uit Duitsland vir ons twee gebring. Kan nie gewas word nie en jy kry byna geen asem nie, ook baie, baie duur. Dit moet erg wees vir medici om heeldag met sulke… Lees meer »