Covid-19-statistieke: Só lyk aktiewe gevalle per provinsie  

(Foto: Denis Balibouse/Keystone via AP)

Suid-Afrika het nou meer as 615 000 bevestigde Covid-19-gevalle aangemeld.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdagaand bevestig dat 615 701 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 13 502 nadat nog 194 sterftes aangemeld is: 12 in die Oos-Kaap, 61 in Gauteng, 57 in KwaZulu-Natal, vier in die Noord-Kaap en 60 in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 525 242 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 85%.

Suid-Afrika het tot dusver 3 598 973 toetse vir Covid-19 gedoen, 20 137 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap85 47214%
Vrystaat35 9805,7%
Gauteng207 61033,8%
KwaZulu-Natal111 09618%
Limpopo12 7952,1%
Mpumalanga23 5553,8%
Noordwes24 6464%
Noord-Kaap9 5001,5%
Wes-Kaap104 99717,2%
Onbekend500%
Totaal615 701100%

Sterftes, mense wat herstel het en aktiewe gevalle:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap2 82880 6142 030
Vrystaat56722 74012 673
Gauteng3 395176 51327 702
KwaZulu-Natal2 05493 81415 228
Limpopo17911 5801 036
Mpumalanga31221 3701 873
Noordwes22417 7026 720
Noord-Kaap1206 4092 971
Wes-Kaap3 82394 5006 674
Totaal13 50252524276 907

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.