Covid-19-statistieke: Só lyk aktiewe gevalle 

(Foto: Unsplash)

Suid-Afrika het nou meer as 627 000 bevestigde Covid-19-gevalle aangemeld.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Maandagaand bevestig dat 627 041 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 14 149 nadat nog 121 sterftes aangemeld is: een in KwaZulu-Natal, 20 in Gauteng, 20 in die Oos-Kaap, 24 in die Wes-Kaap, agt in Noordwes, 16 in die Vrystaat, 23 in Limpopo en nege in die Noord-Kaap.

Tot dusver het 540 923 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 86%.

Suid-Afrika het tot dusver 3 693 721 toetse vir Covid-19 gedoen, 18 849 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap86 16313,7%
Vrystaat37 8886%
Gauteng210 16933,5%
KwaZulu-Natal113 00618%
Limpopo13 2652,1%
Mpumalanga24 4053,9%
Noordwes25 3484%
Noord-Kaap10 7261,7%
Wes-Kaap106 02116,9%
Onbekend500%
Totaal627 041100%

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap2 89681 3731 894
Vrystaat70923 18013 999
Gauteng3 592182 46624 111
KwaZulu-Natal2 13995 99314 874
Limpopo20212 398665
Mpumalanga34122 7381 326
Noordwes24818 6366 464
Noord-Kaap1297 0033 594
Wes-Kaap3 89397 1364 992
Totaal14 149540 92371 919

 

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae