Covid-19-statistieke: Só lyk die jongste syfers

(Foto: Brian Inganga/AP)

Suid-Afrika het nou meer as 1 423 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 6 041 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Dinsdagaand bevestig dat 1 423 578 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 41 797 nadat nog 680 sterftes aangemeld is: 86 in die Oos-Kaap, 28 in die Vrystaat, 141 in Gauteng, 306 in KwaZulu-Natal, vier in Limpopo, 18 in Mpumalanga, twee in die Noord-Kaap en 95 in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 1 254 674 mense reeds van die virus herstel, dit is ’n herstelkoers van 88%.

Suid-Afrika het tot dusver 8 058 768 toetse vir Covid-19 gedoen, 39 529 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap190 83313,4%
Vrystaat74 4135,2%
Gauteng382 90726,9%
KwaZulu-Natal306 23421,5%
Limpopo55 3843,9%
Mpumalanga61 3864,3%
Noordwes55 2383,9%
Noord-Kaap31 1542,2%
Wes-Kaap266 02918,7%
Totaal1 423 578100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap10 223177 3883 222
Vrystaat2 67162 2409 502
Gauteng7 816357 99717 094
KwaZulu-Natal7 738251 87146 625
Limpopo1 02749 2525 105
Mpumalanga89655 4775 013
Noordwes87740 47313 888
Noord-Kaap55326 1784 423
Wes-Kaap9 996233 79822 235
Totaal41 7971 254 674127 107

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pappa Beer

Ha ha ha, mens hoef nou nie n wiskundige te wees om agter te kom dat hierdie syfers absolute twak is nie. As hierdie syfers oor die afgelope jaar gevat word en mooi dopgehou word, sal jy sien dat die totale glad nie sin maak nie. Dit word uit die lug uit gepluk om as “bewys” te dien om landsburgers te onderdruk. Syfers en statistieke word gemanupileer sodat hulle die land se mense soos skape kan rondlei en kan maak wat hulle wil met die breek en buig van die land se wette.

Die Wolf

Gauteng?

piper

geen mens kan die syfers glo nie. oos kaap met 10223 sterftes en 3222 aktiewe gevalle en wes kaap 9996 sterftes met 22235 aktiewe gevalle, dis n absolute grap.