Covid-19-statistieke: Só lyk die jongste syfers  

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het nou meer as 1 592 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 2 257 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Vrydagaand bevestig dat 1 592 626 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 54 687 nadat nog 67 sterftes aangemeld is: een in die Oos-Kaap, 13 in Gauteng, vyf in KwaZulu-Natal, 26 in Limpopo, twee in Mpumalanga, tien in die Noord-Kaap en tien in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 1 513 202 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 95%.

Suid-Afrika het tot dusver 10 831 738 toetse vir Covid-19 gedoen, 25 934 sedert die vorige verslag.

Meer as 381 000 gesondheidsorgwerkers is reeds teen Covid-19 ingeënt.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap196 22812,3%
Vrystaat91 1815,7%
Gauteng427 13326,8%
KwaZulu-Natal337 13021,2%
Limpopo64 0954,0%
Mpumalanga78 8334,9%
Noordwes68 7024,3%
Noord-Kaap41 5292,6%
Wes-Kaap287 79518,1%
Totaal1 592 626100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 588184 445195
Vrystaat3 91183 1544 116
Gauteng10 741412 0314 361
KwaZulu-Natal10 420321 1695 541
Limpopo2 33661 452307
Mpumalanga1 40276 579852
Noordwes1 72563 4053 572
Noord-Kaap91836 8523 759
Wes-Kaap11 646274 1152 034
Totaal54 6871 513 20224 737

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

casper ·

Wys asseblief ook die “excess deaths”per provinsie — Dit sal heel insiggewend wees.

Francois Le Cochon ·

Ek neem aan die styging is agv die lang naweke waar die regulasies nie nagekom was. Die balhoriges skiet hulle self in die voet. Hoe langer sommegis nie die regulasies nakom, hoe langer sal daar regulasies vir almal wees. Die balhoriges is dus te blameer vir die regulasies.

MakersMark ·

Die domastrantes, weet niks maar bly arrogant genoeg om snert oor die realiteit van die virus uit te blaker.

Thom ·

Francois , die domastrantes is verantwoordelik vir meer as die helfte van probleme __ hulle word draers en laat die hele proses voortsleep ; so selfsugtig dat ander se lyding hulle absoluut koud laat .

Fritz ·

Slegs wetsgehoorsame mense word deur wette beïnvloed. Mense wat bv onwettige vuurwapens besit of sonder lisensies bestuur se optrede word geensins deur strenger wetgewing beïnvloed nie. Dieselfde met ons “balhorige domastrantes” (of is dit nou domastrante balhoriges?) wat nie afsonderingsregulasies gehoorsaam nie. :):)

MakersMark ·

Selfs die wetteloses word deur wette beinvloed. Een of ander tyd betaal hul die prys daarvoor. Ten spyte van hul dom astrante houding en praatjies.

Eugene ·

Niemand word meer ingeënt nie, wat doen die regering met die kastige entstof wat hulle ontvang

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.