Covid-19-statistieke: Só lyk die jongste syfers

(Foto: Unsplash)

Suid-Afrika het nog 14 881 nuwe gevalle van Covid-19 bevestig.

Tot dusver het 1 311 686 mense positief vir die virus getoets en 1 062 690 het reeds herstel – ʼn herstelkoers van 80,9%.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Vrydagaand ook ʼn bykomende 615 Covid-19-verwante sterftes bevestig.

Hiervan was 100 in die Oos-Kaap, 41 in die Vrystaat, 99 in Gauteng, 189 in KwaZulu-Natal, 16 in Mpumalanga, nege in die Noord-Kaap en 161 in die Wes-Kaap.

Dit bring die sterftesyfer weens vir virus op 36 467 te staan.

Meer as 65 000 nuwe toetse is sedert die vorige verslag gedoen.

Suid-Afrika het in hierdie stadium altesaam 212 529 aktiewe gevalle van Covid-19.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Vriendelike Frikkie ·

Ek huil vir die land, vir die wêreld. Hierdie tweede en selfs derde golf gaan nie gestop of verminder word nie.
Ek het Covid-19 opgedoen voor Kersfees. Laaste week in Desember kry ek hierdie vreeslike kopsere en ek laat toets die Vrydag-positief. Nou gaan ons in 10 dae self isolasie en drink al die vitamines. My simptome was al 3 dae na die toets weg. Na tien dae bel ‘n knaap my en vra ‘n paar vrae. Tien minute later kry ek ‘n SMS wat sê ek is skoon en kan teruggaan werk toe. Op die vraag of ek weer moet laat toets was dit amper ‘n ongeskikte “nee!” Ek sal glo weer positief toets maar dit sal ‘n vals positief wees en sal my net onnodig geld kos.
So ja, daar het ons dit. Solank as wat oningeligtes die bus bestuur gaan ons bly ongelukke maak. 140 000 sterftes hier kom ons. Cry my beloved country.

Zombie ·

En dan is daar steeds mense wat Covid afmaak. Hoe dom kan ń mens wees? Sterkte Vriendelike Frikkie.

Fritz ·

Al wat party van ons sê, is die volgende:
Na n jaar het nog net 1.3 miljoen van n totale bevolking van 58 miljoen positief getoets. Dis so 2.24%. Werklike syfer is heelwat meer. Selfs al verdubbel jy dit, is dit maar slegs 5%.
Na n jaar het nog net 0.06% van ons bevolking daaraan gesterf. Weereens, al verdubbel jy dit, is dit maar nog steeds minder as 2%.
So dis hoekom ek dit nie as ernstig beskou nie.

Jaco ·

Waarom gaan dié Corona nonsens nog wêreldwyd aan? Die Chinese het dan hulle doel met Corona bereik, naamlik om van Donald Trump ontslae te raak. So Corona kan dan mos maar ook nou stop.

Francois Le Cochon ·

Jaco, jy moes dit nie bekend gemaak het nie, dit is (was) ‘n geheim.

Riette ·

Dit is bemoedigend dat die % positiewe toetse begin verlaag . Einde Desember het ongeveel 30% van die persone wat getoets het, positief getoets en dit is nou so 21%.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.