Covid-19-statistieke: So lyk die syfers

(Foto: Dr. Zweli Mkhize/Twitter)

Suid-Afrika se herstelkoers vir Covid-19 staan tans op 94,7%, ʼn effense styging van die vorige paar dae.

Altesame 1 227 nuwe gevalle is bevestig.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Saterdagaand gesê van die 1 520 206 mense wat die virus opgedoen het, het 1 439 515 herstel.

Meer as 9,3 miljoen toetse vir Covid-19 is gedoen, byna 30 000 sedert die vorige verslag.

Nog 81 Covid-19-verwante sterftes is bevestig. Hiervan agt in die Vrystaat, 29 in Gauteng, 16 in KwaZulu-Natal, 16 in die Noord-Kaap en 12 in die Wes-Kaap. Geen sterftes is in die Oos-Kaap, Limpopo, Mpumalanga of Noordwes aangemeld nie.

Die algehele sterftesyfer is 50 647.

Suid-Afrika het in hierdie stadium altesame 30 044 aktiewe gevalle van Covid-19.

Aktiewe gevalle:

KwaZulu-Natal:  9 465

Wes-Kaap:          5 539

Vrystaat:             4 774

Gauteng:             3 406

Noordwes:         2 575

Noord-Kaap:      2 015

Mpumalanga:    1 070

Limpopo:            906

Oos-Kaap:           294

Tot dusver is 101 573 gesondheidswerkers teen Covid-19 ingeënt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Mauritz

Nuwe gevalle??????????????

Pieter

Die mediese publikasie Lancet het so pas gepubliseer dat die Covid-19 toetse onakkuraat is. Dus hier word onware statistieke gepubliseer om die vreespandemie olie op die vuur te gee. Die Covid-19 toetse se doel is om jou DNA te versamel, sodat ‘n erger dodeliker pandemie kan volg om die mens se getalle op aarde te verminder, Bill Gates se pa was ‘n aanhanger daarvan. Johnson en Johnson se entstof is gebaseer op die doelbewuste aborsie van ‘n fetus om daarop die entstof te ontwikkel. Die Katolieke kerk het reeds kapsie daarteen gemaak. Die stilte in Suid Afrika dui daarop dat… Lees meer »