Covid-19-statistieke: So lyk die syfers

(Foto: Dr. Zweli Mkhize/Twitter)

Suid-Afrika se herstelkoers vir Covid-19 staan tans op 94,7%, ʼn effense styging van die vorige paar dae.

Altesame 1 227 nuwe gevalle is bevestig.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Saterdagaand gesê van die 1 520 206 mense wat die virus opgedoen het, het 1 439 515 herstel.

Meer as 9,3 miljoen toetse vir Covid-19 is gedoen, byna 30 000 sedert die vorige verslag.

Nog 81 Covid-19-verwante sterftes is bevestig. Hiervan agt in die Vrystaat, 29 in Gauteng, 16 in KwaZulu-Natal, 16 in die Noord-Kaap en 12 in die Wes-Kaap. Geen sterftes is in die Oos-Kaap, Limpopo, Mpumalanga of Noordwes aangemeld nie.

Die algehele sterftesyfer is 50 647.

Suid-Afrika het in hierdie stadium altesame 30 044 aktiewe gevalle van Covid-19.

Aktiewe gevalle:

KwaZulu-Natal:  9 465

Wes-Kaap:          5 539

Vrystaat:             4 774

Gauteng:             3 406

Noordwes:         2 575

Noord-Kaap:      2 015

Mpumalanga:    1 070

Limpopo:            906

Oos-Kaap:           294

Tot dusver is 101 573 gesondheidswerkers teen Covid-19 ingeënt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Christel Cornelissen ·

Dagsê Mauritz
Die nuwe gevalle het verlore geraak in die berig maar is sedertdien bygewerk.
Dankie vir jou boodskap.
Groetnis
Christel
nms. Maroela Media

Pieter ·

Die mediese publikasie Lancet het so pas gepubliseer dat die Covid-19 toetse onakkuraat is. Dus hier word onware statistieke gepubliseer om die vreespandemie olie op die vuur te gee.

Die Covid-19 toetse se doel is om jou DNA te versamel, sodat ‘n erger dodeliker pandemie kan volg om die mens se getalle op aarde te verminder, Bill Gates se pa was ‘n aanhanger daarvan.

Johnson en Johnson se entstof is gebaseer op die doelbewuste aborsie van ‘n fetus om daarop die entstof te ontwikkel. Die Katolieke kerk het reeds kapsie daarteen gemaak. Die stilte in Suid Afrika dui daarop dat ons aborsie ondersteun, want die doel heilig die middele blykbaar.

NEO ·

Dankie Pieter, dus tyd dat waarheid uitkom. Mense is soos skape en glo alles wat die WGO uitdus. Bill Gates se naam kom heeltyd op as jy covid Google. Wat het MSoft met. Covid te doen. Ook hoekom word dieselfde dosis entstof aan almal gegee sonder om te kyk na pasiënte se kroniese medisyne wat hulle drink en ook onderliggende gesondheid toestand. Daar is erens ‘n skroef los.

NEO ·

Dankie Pieter, het goed bygevoeg wat jou standpunt ondersteun maar Maroele weier om my kommentaar te plaas.

Thom ·

Jy praat loutere snert ___ ek sal môre ‘n nuwe vreesverhaal skryf en kyk of ek iemand kan kry om dit te publiseer maar vanaand het ek en ander ” vampiere ” eers ‘n bloeddrink sessie waar ons dan ons slagoffers se DNS ( ” S ” in Afrikaans ) uitruil sodat alle vroulike slagoffers daarna geboorte sal gee aan amfibiese vlermuise .

Francois Le Cochon ·

Thom, jy probeer verniet. Daar is nogsteeds mense wat glo jy moet Amerika toe gaan om te sien of Amerika wel bestaan.

Thom ·

Jy is welkom om mense te kategoriseer ___ ek pas egter nêrens in nie ; wat ek wel het , is ‘n werkende brein .

Jedi Knight ·

Ou frans en tom stoei weer verwoed namens die pro enstof bende. :):)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.